Zeder Beleggings het Maandag (7 Februarie) omtrent al sy aandele in die KWV aan Hosken Consolidated Investments (HCI) verkoop vir minder as Pioneer Foods-aandeelhouers se aanbod aan die drankreus.
Volgens 'n verklaring op die Sens het HCI 33,9% van die KWV teen R274,12 miljoen gekoop, oftewel R11,80 per aandeel.
Pioneer Foods het R12 per aandeel aangebied om 100% van die KWV te koop, maar die aanbod is verlede week onttrek nadat dit duidelik geword het minderheidsaandeelhouers steun nie die transaksie nie.
Volgens die Sens het HCI die transaksie met bestaande kontantbronne gefinansier."HCI beskou die transaksie as 'n geleentheid om sy verdienstebasis verder te diversifiseer," lui die verklaring.
8 Februarie 2011