AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Zim-gebeure plaas vraagteken oor Afrika-unie

Die gevolge van pres. Robert Mugabe se optrede in Zimbabwe sal nie net vernietigend inwerk op die ekonomiese vatbaarheid van Zimbabwe nie, maar ook uitkringende maatskaplike gevolge hê weens hongersnood en 'n gevolglike vloei van mense na buurlande, insluitende Suid-Afrika.

Die gevolge van pres. Robert Mugabe se optrede in Zimbabwe sal nie net vernietigend inwerk op die ekonomiese vatbaarheid van Zimbabwe nie, maar ook uitkringende maatskaplike gevolge hê weens hongersnood en 'n gevolglike vloei van mense na buurlande, insluitende Suid-Afrika.

Só het mnr. Japie Grobler, voorsitter van Agri SA, gereageer op die gebeure in dié land en die inhegtenisneming van 'n bekende Vrystaatse mielieboer, mnr. Crawford von Abo, wat verskeie plase in Zimbabwe het. Mnr. Grobler het sy meegevoel betuig teenoor boere, hul gesinne en hul werkmag in Zimbabwe.

Hy het gesê gebeure in Zimbabwe plaas 'n ernstige vraagteken oor die gesag en erns van Statebondsleiers, die Abuja-ooreenkoms en die wil van die Afrika-unie om volgens sy handves te leef.

Hy het dit egter beklemtoon dat hy voldoende vertroue het dat die Suid-Afrikaanse grondwetlike, juridiese en beleidsopset soortgelyke gebeure in Suid-Afrika sal voorkom. Hy het in dié verband waardering uitgespreek vir pres. Mbeki se duidelike uitsprake in die parlement tydens ontmoetings met die landbouwerkgroep. Hy het bevestig dat hy pres. Mbeki genooi het om perspektiewe hieroor persoonlik met die breë leierskap van Agri SA op die vergaderings van die Algemene Raad of kongres in Oktober te kom deel.

"Agri SA het 'n skriftelike beroep op die Minister van Buitelandse Sake, sowel as op Suid-Afrika se Hoë Kommissaris in Harare gedoen om die regte van Suid-Afrikaanse burgers wat in hierdie proses in hegtenis geneem is of word, ten beste te beskerm," het mnr. Grobler gesê.

In sy reaksie op gebeure in Zimbabwe het mnr. Gert Ehlers, voorsitter van die Transvaalse Landbou-unie (TLU), geseê: "Wat nou met dié land se wit boere doen, is om die minste te sê, skokkend, krimineel en betreurenswaardig. Dit is nie net rassistiese tirannie en gevoelloosheid nie, maar spreek ook van absolute dwaasheid en onverantwoordelike leierskap. Wanneer 'n land hongersnood en ekonomiese chaos beleef en die maghebbers die enigste bron van hoop vernietig, spreek dit van magsdronkenskap."

Hy het gesê die haglike toestande in Zimbabwe veroorsaak onnoembare skade in Suid-Afrika, "maar tog word pres. Thabo Mbeki en sy Regering blykbaar meegesleur deur die Mugabe-orgie. Niemand glo of vertrou meer pres. Mbeki se storie van stille diplomasie nie. Hierdie diplomasie spreek van niks anders as stille sameswering nie," het mnr. Ehlers gesê.

Hy het gesê 'n bewys hiervan is dat die Regering swyg oor 'n nuwe vlaag plaasaanvalle in Augustus in die land. Die Regering is hieroor net so stil soos oor wat in Zimbabwe gebeur. "Dit dui op niks anders as 'n stille goedkeuring daarvan nie."

Mnr. Ehlers het verwys na die jongste plaasaanval waar 'n jong boer en kaasmaker van die gasteplaas Zevenfontein, naby Ficksburg in die Oos-Vrystaat, deur sy aanvallers aan die brand gesteek is. Hy verkeer tans in 'n bedenklike toestand in die hospitaal.

Intussen het mnr. Von Abo na Suid-Afrika teruggekeer ná sy inhegtenisneming en hofverskyning in Mwenezi in Zimbabwe tydens 'n besoek aan een van sy plase. Hy is op borgtog van 10 000 Zimbabwiese dollars (R2 053) vrygelaat en moet weer op 18 September in die hof verskyn.

Hy sê 'n groep oorlogsveterane het sy plaas oorgeneem en duisende stuks wild is uitgeroei. Hy het gesê die grondbesettings in Zimbabwe is 'n politieke spel en niks anders as blatante rassisme nie.

30 Augustus 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.14
-0.2%
Rand - Euro
17.63
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,709.08
-0.2%
Silwer
20.66
0.0%
Palladium
2,272.06
+0.5%
Platinum
930.51
+0.6%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,341
-0.1%
Alle aandele
65,734
-0.2%
Hulpbronne 10
63,419
+0.2%
Industriële 25
79,722
-0.4%
Finansiële 15
14,017
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat soek na sy diamant.
Ek is n gewone man, wat lief is vir mense en diere. N man wat soekend is na sy diamant in hierdie deurmekaar wereld. Ek soek n maat, n friend, n venoot en iemand om viir lief te...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot