AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Zokwana 'luister nie na voëlverskrikkers'

“Ek weier om na voëlverskrikkers te luister. Ek luister na mense in die landbou,” sê landbouminister Senzeni Zokwana.

Grondhervorming kan Suid-Afrika se landbousektor vorentoe neem, het mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, in die Parlement gesê.

Hy het tydens ’n debat oor die uitbreiding van landbouproduksie om voedselsekuriteit te verseker in die Nasionale Vergadering gepraat.

Zokwana het self by die georganiseerde landbou, soos Agri SA en die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) gehoor hoe grondhervorming die landbou vorentoe kan neem as almal saamwerk. “Ek weier om na voëlverskrikkers te luister. Ek luister na diegene in die landbousektor.”

Volgens die internasionale organisasie Oxfam gaan slaap meer as 13,8 miljoen mense elke aand honger. Minder as 2% huishoudings produseer die meeste van hulle eie voedsel en die meeste kleinskaalse produsente in landelike gebiede kan nie hul eie gesinne voed nie.

Na aanleiding van die Oxfam-verslag het Zokwana gesê mense is die netto verbruikers van kos wat gekoop word, eerder as om dit self te produseer. Dit moet verander. ‘n Kultuur moet ontwikkel word waar mense eerder vrugte en groente as gras plant, het hy gesê.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, het Zokwana daarop gewys dat oor die jare heen verskeie beleidsvoorstelle gemaak is, maar ‘n werklike oorkoepelende plan is nooit neergepen nie. “Alle staatsdepartemente hardloop rond en bestee geld sonder enige duidelike plan.”

“ ’n Pluimvee-slagplaas is in 2012 vir R7,6 miljoen in Grahamstad gebou. Tot vandag is daar nog nie ’n hoender geslag nie.

“Die Magwa-teeplantasie in die Oos-Kaap vra nou wéér R66 miljoen as ’n reddingsboei. As dié geld toegestaan word is daar nou R200 miljoen in die laaste vyf jaar daar bestee.

“Dit is nou tyd om die bul by die horings te pak om te verseker dat die ongeveer 200 000 kleinskaalse boere met ’n strategiese plan gehelp word om genoegsame voedsel te produseer sodat hulle kan bemark,” het Steyn gesê.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het gesê kobare tyd en energie moenie gemors word deur mense te bind aan outydse bestaansboerdery- of kleinboerderymetodes wat geen inkomste of toekoms bied nie.

“Die gemiddelde persoon wil nie meer boer net om aan die lewe te bly nie. Mense verkies om werk te gaan soek in stede met hul moderne ekonomieë. In Suid-Afrika is bestaansboere noodsaaklik omdat dit politieke stabiliteit bewerkstellig. Dit is egter belangrik dat die mikpunt moet wees om dié mense te lei tot kommersiële boerdery,” het Mulder gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
-0.7%
Rand - Pond
19.11
+1.4%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.73
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,636.39
-0.4%
Silwer
18.50
-2.0%
Palladium
2,083.77
+0.5%
Platinum
859.14
+0.1%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot