
Die landbou sal Woensdagaand meer weet hóé die Departement van Landbou beoog om ’n miljoen nuwe werkgeleenthede in dié sektor gaan skep. Dit is wanneer die nasionale begrotingsdebat oor die landbou in die Parlement plaasvind.
In ’n nuusverklaring sê me. Palesa Mokomele, woorvoerder van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, dat Zokwana se aanbieding meer lig sal werp op die departement se strategiese plan.
Zokwana sal ook die sluier lig oor hoe die departement een miljoen werksgeleenthede teen 2030 wil skep, soos wat in die Nasionale Ontwikkelingsplan neergepen is. Zokwana se rede begin om 16:35 op 16 Julie.