AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Zuma moet hoop, sekerheid gee

Dit is baie belangrik dat pres. Jacob Zuma in sy staatsrede hoop en sekerheid aan Suid-Afrikaners gee.

Verwarrende optredes en stellings deur die staat en die gevolge daarvan skep onsekerheid onder Suid-Afrikaners oor die Regering se beleidsrigtings en negatiwiteit oor die algemeen, sê dr. Pieter Mulder, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en die leier van die Vryheidsfront Plus.

Een van die verwarrings waarna Mulder verwys, is dat die staat meer werksgeleenthede geskep wil hê, maar terselfdertyd lone in die middel van ’n landbouproduksieseisoen met 52% verhoog.
 
Mulder meen dat Pres. Jacob Zuma sy staatsrede moet gebruik om die verwarrende boodskappe wat op verskeie terreine uitgestuur word, reg te stel en hoop en sekerheid onder sy landsburgers te skep. “Werkloosheid, stadige ekonomiese groei, ’n gebrek aan buitelandse beleggings en korrupsie is tans van die ernstigste krisisse in Suid-Afrika.”
 
Ekonomiese sekerheid
Hy sê die President moet aandag gee aan ekonomiese sekerheid, en die versekering gee dat beleggeings en eiendomsreg in die land veilig sal wees. Die staat moet bereid wees om nuut te kyk na ekonomiese maatreëls wat groei tans demp.
 
“Dit moet in die staatsrede aangevul word met duidelike uitsprake en waagmoedige nuwe denke ten opsigte van werkskepping, ekonomiese groei, arbeidswetgewing en die bekamping van korrupsie,” aldus Mulder.
 
Antwoorde vir werkskepping lê, volgens Mulder, in groter ekonomiese vryheid vir die private sektor en die intensiewe ontwikkeling van infrastruktuur deur die staat. “Dit was die wenresep in ander ontwikkelende lande en die president kan hoop skep deur in daardie rigting te beweeg.”
 
Die landboubedryf en grondbesit
Die kwessie van grondbesit het vroeër dié week weer ter sprake gekom in ’n debat oor die landboubedryf. Plaaswerkers, boere en ander betrokkenes het hul griewe aan Adj.pres. Kgalema Motlanthe en verskeie ministers voorgelê. Van die lede van die African Farmers’ Assosiation of South Africa (Afasa) is besorg daaroor dat nuwelingboere net hul grond by die staat kan huur en nie kan besit nie.
 
Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming, het luidens ’n berig in Die Burger gesê sodra die grondoudit voltooi is, sal ’n nuwe grondbeleid geformuleer word – waarvolgens buitelanders glo nie grond sal kan besit nie, maar net sal kan huur.
 
Die beeld van die landbou moet, volgens mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, veral oorsee gepoets word. “Die beeld van De Doorns is ’n plek van krisis. Dit is nie van ’n mooi vallei wat goeie tafeldruiwe verbou nie.”
 
In reaksie op die stellings wat gemaak is, het Motlanthe gesê die Regering moet nou tot die bedryf toetree: “Die beste manier is deur sagte mag – helpende hande wat lei sodat die bedryf beskaaf kan word, want ons kan nie voortgaan asof dit ’n 17de eeuse land is nie.”
 
Bron: Die Burger

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-2.0%
Rand - Pond
19.39
+0.3%
Rand - Euro
17.36
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,643.40
-0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot