
’n Neef van pres. Jacob Zuma gaan glo ’n grondeis vir talle plase in KwaZulu-Natal indien.
Luidens The Citizen teiken Inkosi Simpiwe Zuma meer as 60 plase in Impendle in die Middellande van KwaZulu-Natal. Dié grond het histories aan die Kwanxamalala-stam behoort.
Dié neef van die president het aan The Citizen gesê meeste van die kommersiële plase in die omgewing van Boston in KZN sal onderhewig aan die grondeis wees. Dié eis kan miljarde rande beloop. Boston is sowat 60 km wes van Pietermaritzburg.
Die Kwanxamalala-stam by Impendle is pres. Zuma se voorvaderlike tuiste.
Vroeër is berig dat die Ingonyama-trust, waarvan koning Goodwill Zweletini die enigste trustee is, 'n grondeis vir meer grond gaan indien. Die trust besit reeds 2,8 miljoen ha.
Bron: The Citizen