
AfriSake sal enige poging om grondbesit te beperk, aktief teenstaan, sê AfriSake se uitvoerende hoof, mnr. Cornelius Jansen van Rensburg,
Dit volg na die aankondiging in sy staatsrede deur pres. Jacob Zuma dat grondbesit vir landsburgers beperk gaan word en dat buitelanders nie meer grond in Suid-Afrika mag besit nie.
Volgens Jansen van Rensburg sal die organisasie se veldtog plaasvind by wyse van regsaksies, mobilisering van die plaaslike en internasionale sakesektor en aanmoediging van finansiële en ander druk op die Regering.
“Ekonomies het die Zuma-regering sy ’GPS’-sein verloor. Deur eiendomsreg af te takel, word die land in die verkeerde ekonomiese rigting gestuur en algemene beleggingsvertroue word verlaag. Al die Regering se ander planne, beleidsvoorstelle en goeie bedoelings word eintlik nietig verklaar teen die agtergrond dat eiendomsreg aktief ondermyn word.
“As landsburgers nie volledige eiendomsreg oor hul bates en inkomstes kan geniet nie, sal geen ekonomiese onwikklingsplan slaag nie.”