AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Almal vind baat by ’n windplaas

akkreditasie
WAAI, WINDJIE, WAAI. Red Cap Energy se Gibsonbaai-windplaas kan genoeg krag opwek vir die verbruikersbehoeftes van sowat 131000 huishoudings FOTO: VERSKAF
WAAI, WINDJIE, WAAI. Red Cap Energy se Gibsonbaai-windplaas kan genoeg krag opwek vir die verbruikersbehoeftes van sowat 131000 huishoudings FOTO: VERSKAF
Windplase gee boere ’n jaarlikse inkomste, terwyl minder kweekhuisgasse vrygestel word.

Wanneer mnr. Dawid Zietsman se oë op die roterende windlaaiers tot rus kom, laat dit sy hart warm klop om te weet sy plaas word gebruik om skoon energie op te wek wat in die nasionale netwerk ingevoer word.

Só word Suid-Afrika se kweekhuisgasvrystellings verminder en die impak van kragonderbrekings versag. Zietsman is ook dankbaar vir die jaarlikse inkomste wat uit elke windlaaier verdien word.

Hy stap dié windkragreis saam met Red Cap Energy. Die maatskappy is in 2009 gestig en is ’n leier in die Suid-Afrikaanse hernubare energiebedryf. Red Cap Energy bou sterk bande met grondeienaars, want dit is ’n langtermyn-verhouding. Die ontwikkelingsfase van só ’n projek duur drie tot ses jaar, gevolg deur sowat twee jaar van oprigting en uiteindelik ’n bedryfstydperk van 20 jaar.

“Ons is trots op die tyd, moeite en hulpbronne wat ons insit om saam met die grondeienaars te werk,” sê mnr. Mark Tanton, uitvoerende hoof, wat voorsitter van die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging was en met ’n Wind Industry Pioneer-prys vereer is.

Red Cap Energy het ’n hoogs bekwame span wat nou betrokke is by alle ontwikkelingsbedrywighede, insluitend grondverkryging, projektoelating, terreiningenieurswese, projekfinansiering en toesig oor aanlegoprigting en -bedryf. Die span sluit in mnr. Gerald Ehlers, ’n ingenieur wat van ’n boerderygemeenskap by Patensie kom, en mnr. Jadon Schmidt, die sake-ontwikkelingsbestuurder, wat ’n omgewingsagtergrond het. 

Voordele vir almal

Van die voordele vir die boere is ’n jaarlikse inkomste, beter paaie en ander infrastruktuur, verhoogde sekuriteit en geleenthede om toegang tot bykomende kapitaal te verkry om hul boerderybedrywighede verder te ontwikkel.

’n Voorbeeld van hoe Red Cap Energy saam met die boeregemeenskap werk, is die maatskappy se baanbrekerooreenkoms met die departement van paaie.

Hierdie ooreenkoms het gesorg vir private finansiering om as deel van bestaande openbare padinstandhoudingskontrakte gebruik te word.

Daar is saam met die boere vereniging Agri TsitsikammaOos gewerk om voorrangpaaie vir dié besteding te identifiseer. “Red Cap Energy weet die opknapping van die padnetwerk is noodsaaklik om die gemeenskap toegang te gee tot gesondheidsorg, onderwys en werkgeleenthede, asook vir die melkboere om produkte by die mark te kry,” verduidelik Tanton.

Twee Red Cap Energy-projekte wat uitstaan, is die Koegaen Gibsonbaai-windplaas. Koega kan sowat 300 GWh skoon elektriese energie per jaar opwek. Dit is gelykstaande aan die jaarlikse verbruiksbehoeftes van sowat 50 000 gemiddelde huishoudings, terwyl die vrystelling van meer as 290 000 ton koolsuurgas in die atmosfeer jaarliks vermy word.

Gibsonbaai kan sowat 420 GWh per jaar opwek. Dit is gelyk aan die jaarlikse verbruiksbehoeftes van sowat 131 000 Suid-Afrikaanse huishoudings en keer die vrystelling van meer as 383 000 ton koolsuurgas jaarliks.

Hoe dit werk

Die boer verhuur sowat 2% van sy grond en kan steeds tussen die windlaaiers boer. In ruil daarvoor betaal Red Cap Energy ’n vaste persentasie bo bedryfstandaard van die inkomste van elke windlaaier op die plaas vir die volle 20 of meer jaar wat die windplaas in werking is.

“Ons betaal ook boere ’n vaste bedrag per windlaaier in die oprigtingstyd van twee jaar, want dit is die tydperk met die grootste ontwrigting vir hul boerderybedrywighede.” Wat gebeur wanneer die 20-jaar-kontrak verstryk? “Die voorwaardes van die omgewingsmagtigings vereis dat die windplaas die laaiers verwyder en die fondasies met bogrond bedek sodat boerderybedrywighede kan voortgaan.

’n Verdere 20-jaar-huurkontrak is egter moontlik,” sê Tanton. Vir Zietsman het die gewaarborgde jaarlikse annuïteit van die windplaas hom in staat gestel om bykomende finansiering in die vorm van ’n kommersiële landboulening van die bank te kry om in sy plaas te belê. 

Navrae:
Mnr. Jadon Schmidt, 082 468 2392; web: red-cap.co.za


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.91
+0.9%
Rand - Pond
19.35
-0.1%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.64
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,637.39
+0.9%
Silwer
18.69
+1.8%
Palladium
2,071.50
+1.4%
Platinum
863.50
+1.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,412
+0.2%
Alle aandele
63,800
+0.3%
Hulpbronne 10
56,232
+0.0%
Industriële 25
79,453
-0.1%
Finansiële 15
14,147
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot