AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9648
0,00
CORN
30 Jan
-
4658
0,00
SOYA
30 Jan
-
9716
0,00
SUNS
30 Jan
-
12268
0,00
WEAT
30 Jan
-
6602
0,00
WMAZ
30 Jan
-
4600
0,00
YMAZ
30 Jan
-
4610
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Angus se sukses groei

akkreditasie
Die vraag na goeie Angus-beeste, soos dié van mnr. RC Malherbe, word ál groter. FOTO: VERSKAF
Die vraag na goeie Angus-beeste, soos dié van mnr. RC Malherbe, word ál groter. FOTO: VERSKAF
By die Malherbe-boerdery in die Vrystaat streef almal daarna om net die beste aan te bied.

Die vraag na Angus-produkte toon groot belofte. Mnre. André, RC en Gert Malherbe van die plaas Graslaagte, Hertzogville, wil munt slaan daaruit. “Angus-beeste, met hul goeie temperament, moeders met baie melk en swaar speenkalwers, vaar uitstekend hier by ons,” sê RC.

“Ons meen dat die ras se sukses in die volgende paar jaar verder gaan groei. Die kommersiële sy van die Angusse word veral uitgebrei danksy die stygende vraag na Angus-kalwers. Die Woolworths-Angus-projek vaar uitstekend. Die vraag deur private slaghuise na Angus-produkte is ook goed.”

Die Malherbes bedryf al jare lank die suksesvolle Roechama-stoetery wat uit sowat 300 Angus-teelkoeie bestaan. Hulle het ook ’n Brangus-stoetery met 300 teelkoeie, ’n SA Vleismerino- en Suffolk-stoetery, en kommersiële Angusse en Brangusse.

Hul gemengde boerdery se hoofvertakking is mielieverbouing, met sonneblomme en koring as wisselbougewasse. In die winter word die mieliereste bewei, asook hawer en radyse wat bykomend aangeplant word. Die plaas het hoofsaaklik soetgras met ’n drakrag van 10 ha per grootvee-eenheid. RC meen dit is belangrik om aan skoue deel te neem.

“Dit is waar jy jou met die beste kan vergelyk en kyk of jou teeldoelwitte vrugte afwerp.”

Die sukses van hul streng seleksie van teelmateriaal was te sien op die afgelope twee nasionale kampioenskapskoue waar hulle as Teler van Kampioene aangewys is. RC sê produksieveilings is vir hulle baie belangrik omdat kommersiële boere dan bepaal of hul diere op standaard is.

“Ons bemark ons diere op twee veilings. Die eerste is die Angus Alliance-veiling, vanjaar op 12 Augustus by die Kroonboma op Kroonstad. Die aanbod is 35 bulle, 35 vroulike stoetdiere en 50 kommersiële verse. Die Malherbe-Roberts-veiling word op 28 September op Hertzogville gehou. Te koop is 25 Angus-bulle, 45 Brangus-bulle, 30 vroulike Brangus-stoetdiere en 100 kommersiële vroulike diere.” 

Navrae:
Web: www.roechama.co.za; mnr. RC Malherbe, e-pos: malherberc8@gmail.com


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.18
+0.1%
Rand - Pond
21.31
+0.3%
Rand - Euro
18.69
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
1,018.15
+0.6%
Palladium
1,645.80
+1.7%
Goud
1,933.15
+0.2%
Silwer
23.71
+0.5%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
0.0%
Alle aandele
80,791
0.0%
Hulpbronne 10
77,871
0.0%
Industriële 25
103,872
0.0%
Finansiële 15
16,281
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot