AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Baanbrekerswerk lei tot beter groei van graangewasse

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Verbeter plantfisiologie. Met die hulp van Stoller se innoverende oplossings vir peul- en graangewasse kry plante ’n meer uitgebreide wortelstelsel danksy beter stikstofgebruik en natuurlike hormonale balans. FOTO : SHUTTERSTOCK
Verbeter plantfisiologie. Met die hulp van Stoller se innoverende oplossings vir peul- en graangewasse kry plante ’n meer uitgebreide wortelstelsel danksy beter stikstofgebruik en natuurlike hormonale balans. FOTO : SHUTTERSTOCK
Stoller Suid-Afrika bied sy klante bewese oplossings om plantfisiologie in ’n gunstiger rigting te stuur vir optimale plantgroei.

Plantgroei word deur lig, temperatuur, water, humiditeit en voeding beïnvloed. Die mens het min of geen beheer oor abiotiese stres nie. Dié stres kan net so skadelik vir gewasse wees as plae, onkruid en siektes. Skom­melende omgewingstremmings inhibeer voedingstofopname en beperk fisiologiese prosesse, en selfs al is voedingstowwe en water in die grond beskikbaar, lei ongunstige toestande tot ver­minderde opname deur wortels.  

Hoewel dit waar kan wees dat min tot geen beheer uitgeoefen kan word oor sekere veranderli­kes wat plantgroei benadeel nie, moet die boer sy pogings rig op die aspekte van plantgroei wat gunstig beïnvloed kan word. Dit is moontlik om plantfisiologie­se prosesse, soos ontkieming, fotosintese en voedingstof-assi­milasie, te optimaliseer vir ver­hoogde plantveerkragtigheid en algehele groei.  

Vir hierdie doel het Stoller meer as 50 jaar se navorsing aan die dissiplines van plant­fisiologie en biochemie gewy, en baanbrekerswerk gedoen om die dinamiese prosesse te verstaan wat betrekking het op plantgroei, metaboliese aktiwi­teit en kommunikasie wat deur planthormone aangedui word. Hierdie kennis is omgeskakel in bewese oplossings vir boere reg oor die wêreld.

Sommige van Stoller se innoverende plantfi­siologiese oplossings vir graan­gewasse is in Brasilië ontwikkel. Met reg, want Brasilië is een van die voorste lande wêreldwyd wat graanproduksie betref.  Twee oplossings om plantfisiologie in ’n gunstiger rigting te stuur vir optimale plantgroei, is Co-Mo Platinum® (ontwikkel vir peulgewasse) en Cellerate® (ontwikkel vir grasgewasse).  

Co-Mo Platinum® (reg.nr. B5196, Wet 36 van 1947) le­wer hoofsaaklik kobalt (Co) en molibdeen (Mo) aan sojaboonplante, hetsy tydens plant of op die V4-stadium. Peulgewasse is stikstofbin­dende plante en het dus ’n groot behoefte aan molibdeen, aange­sien dit ’n kofaktor van die en­siem nitrogenase is.  

Molibdeen was een van die min mikrovoedingstowwe waar ’n tekort ’n merkbare afname in produktiwiteit van peulgewasse getoon het*. Daarom is dit be­langrik om daarop te let dat mo­libdeen-tekorte stikstoftekorte by peulplante kan veroorsaak.  Kobalt is nodig om koba­lamien en leghemoglobien te sintetiseer wat die suurstofkon­sentrasie in nodules reguleer om optimale funksie van die nitrogenase-ensiem te verseker.  

Rhizobium-bakterieë is ko­balamien-afhanklik en daarom het ’n gebrek aan kobalamien ’n ongunstige impak op stikstof­voorsiening aan die plant. Daar­na, vir plante wat afhanklik is van simbiotiese stikstofbinding, word kobalt ’n belangrike mine­rale voedingstof.  Vir graangewasse en ander nie-peulplante is Cellerate® (reg.nr. B4670) ontwikkel vir beter stikstof-assimilasie en om ’n optimale natuurlike hormo­nale balans tydens die vroeë groeistadiums te bevorder.

Cellerate® bevat doeltreffende vorms van molibdeen, sink en fosfor in ideale verhoudings en konsentrasie, en is bewys om ontkieming en eenvormigheid te verbeter.  

Dit veroorsaak ook ’n meer uitgebreide wortelstelsel deur verbeterde stikstofgebruik en hormonale balans.  Sink is ’n sleutelfaktor in die sintese van ouksien, wat, in voldoende hoeveelhede, plant­groei verbeter.  

In plante is dit bekend dat vyf ensieme afhanklik is van molibdeen, naamlik: sulfietok­sidase (SO), mitochondriale amidoksimreduktase (mARC), xantien-dehidrogenase (XDH), nitraat-reduktase (NR) en alde­hiedoksidase (AO).  

Dit is bekend dat hierdie en­sieme deelneem aan talle re­doksreaksies wat nodig is vir optimale plantgroei en -ont­wikkeling**. Stoller se oplos­sings bevat spesifieke tegnolo­gieë om doeltreffende af- lewering en translokasie van kobaltfaktore en voedingstowwe by elke fisiologiese groeistadium te verseker.  

Verwysings * O’Hara, G. (2001) “Nutritional Constraints on Root Nodule Bacteria Affecting Symbiotic Nitrogen Fixation: A Review.” Animal Production Science, 41, 417-433. ** Afzal, J., Ahmad, I., Alam, M., Bhantana, P., Binyamin, R., Din, I.U., Elyamine, A.M., Hu, C., Imran, M., Kamran, M., Khan, I., Moussa, M.G., Rana, M.S., Saleem, M.H., Shaaban, M., Sun, X & Younas, M. (2020) “Molybdenum as an Essential Element for Crops: An Overview.” Biomed J Sci & Tech Res, 24, 18535 – 18547.
Navrae: Mnr. Hendrik Kapp, 065 623 9397; e-pos: hkapp@stoller-africa.com
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons probeer
Ek is vriendelik en bedagsaam. Ek hou van sport en vat die lewe soos dit kom. Ek hou van die buitelewe en kamp.
Bok vir Sports
Ek is vreeslik besig kan nie stil sit nie ek is mal daaroor om alles saam my beter helfde te doen solank hy game is vir enige iets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot