
Enige wond wat ’n dier opdoen, kan potensieel tot produksieverliese lei of selfs lewensgevaarlik wees. Daarom is dit belangrik dat elke boer die regte produkte by hom moet hê om wonde te behandel.
Benewens bakterieë in die omgewing is daar ook bakterieë op die vel waaraan die wond blootgestel word. Die proses van wondgenesing vereis dat die wond skoongemaak word sodat die vel sonder komplikasies kan genees. As dit nie gebeur met die hulp van die regte produk nie, ontwikkel infeksie in die wond. Dit vertraag genesing.
Wanneer infeksie ontwikkel, veroorsaak dit ’n onaangename reuk wat brommers en vlieë na die wond toe lok waar hulle eiers lê. Dit lei tot die uitbroei van maaiers in die besmette area. Hierdie maaiers voed op die nekrotiese weefsel en hulle skei ensieme af wat die omliggende weefsel verder verteer sodat hulle daarop kan voed. Dit dra alles by tot ’n chroniese wond wat sukkel om gesond te word.
Ongunstige impakte van maaiers in die wond sluit in:
- Geïrriteerde en onrustige diere.
- Voedingspatrone wat omver gegooi word.
- Diere verloor kondisie.
- Weefselskade wat lei tot mankheid, produksieverliese, verlaagde vrugbaarheid, septisemie en vrektes.
Gebruik dié middels
Afrivet se wondsproei-reeks word aanbeveel vir effektiewe behandeling van wonde om infeksies te voorkom en wondgenesing te bevorder. Gebruik die Expel-wondsproei (reg.nr. G3245, Wet 36 van 1947) om spykerwurm en brommer-maaieraanvalle doeltreffend teen te werk. Dit help ook om bosluisbytplekke te voorkom omdat dit bosluise doodmaak wat tydens aanwending teenwoordig is.
Futaspray (reg.nr. G2715) is ’n antibakteriese en swamdodende wondsproei vir die behandeling van wonde en velinfeksies. Dit bevat verskeie aktiewe bestanddele wat wondgenesing bevorder.
Albei produkte bevat geen organofosfate wat die genesingsproses sal vertraag nie. Hierdie twee produkte kan alleen of in kombinasie gebruik word om enige wond te behandel.
Futaspray word gebruik om vars wonde te ontsmet en die genesingsproses te begin. Om ouer of besmette wonde te behandel, begin met Expel-wondsproei. Dit voorkom en bekamp parasiete in die wond. Behandel dan direk daarna met Futaspray om, soos hier bo genoem, wonde te ontsmet en die genesingsproses aan die gang te sit.