AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Beleggers moet na lang termyn kyk

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Verskeie kommentators word gereeld in die media aangehaal rakende gunstige sentiment oor beleggings op die plaaslike mark. Daar word veral hard gewerk om die indruk te wek dat alles voorspoedig gaan met die beleggings van die gemiddelde Suid-Afrikaner, veral diegene met portefeuljes wat regstreeks gekoppel is aan die prestasie van die Johannesburgse Effektebeurs.

Dit is waar dat die Johannesburgse Effektebeurs (JEB) sedert die begin van vanjaar sommer baie beter vaar. Maar die meeste berigte gebruik ’n kort en kortstondige periode (minder as ’n jaar) om te wys hoe wonderlik beleggings op die JEB is en die goeie opbrengste wat dit vir plaaslike beleggers gelewer het. Vanaf Oktober 2020 tot einde April 2021 het die plaaslike beurs inderdaad uitgeskiet, grootliks vanweë die skerp styging in die pryse van kommoditeite, veral platinum. 

Daar word ook voorbrand gemaak dat “nog verdere uitprestasie voorlê”, baie duidelik ’n aanmoediging vir beleggers om meer geld weg te sit op die plaaslike mark.

Vermy die foute 

Die eerste fout in die aannames van die berigte is om ’n kort termyn van enkele maande te gebruik as aanduiding van toekomstige groeiprestasies. Batebestuurders maan altyd dat opbrengste oor lang termyne gemeet moet word – 5 tot 10 jaar – om beleggingsprestasie na behore te oordeel. Die tweede fout is om die skielike, en onvoorspelbare, oplewing in die platinumprys te gebruik as ’n aanwyser van verdere stygings in hierdie sektor en ook derhalwe die groter mark. 

Beoordeel op lang termyn 

In die drie maande sedert einde Maart 2021 het hierdie neiging eensklaps omgeswaai. Die prestasie van die JEB is weer heel laaste, indien dit teen ontwikkelende lande gemeet word (-0,6% in VSA-dollarwaarde) en heel onder in die bondel teenoor opkomende lande. 

Dit is belangrik om beleggingsprestasie oor ’n langer termyn te beoordeel, in hierdie geval 10 tot 15 jaar.

Voorbeeld

Vir die doeleindes van hierdie artikel het ons die rand-en-sentopbrengste van vier aandelefondse op die JEB gemeet teenoor soortgelyke aandelefondse in die buiteland. Die oefening gebruik vier van Suid-Afrika se grootste aandelefondse en kyk hoeveel geld ’n belegger 10 jaar later sal hê.

Opbrengste word gereeld in persentasiewaarde aangedui, maar baie mense besef nie watter impak ’n persentasiepunt of twee per jaar op langer termyn kan hê nie. My berekening is gedoen deur alle koste en tariewe te bereken sodat die randwaarde sal weerspieël wat ’n belegger op sy staat sal sien. Al wat ons nie kon bereken nie, is die impak van adviestariewe, want dit kan wissel van 0,5% per jaar tot 1% per jaar.

In die tabel is die randwaardes van ’n belegging van R10 000 tien jaar gelede in die vyf verskillende fondse – vier Suid-Afrikaanse aandelefondse en die ander een ’n gewilde Amerikaanse aandelefonds wat Brenthurst Wealth al meer as tien jaar gebruik in die samestelling van portefeuljes.

Beleggers in die Suid-Afrikaanse aandelefondse het beswaarlik die koopkrag van hul belegging gehandhaaf. As langtermynbeleggings daaroor gaan om waardeskepping in reële terme te bewerkstellig, is dit duidelik dat die plaaslike aandelebeurs geen waarde oor tien jaar geskep het nie. Daarteenoor het die belegging in ’n doodgewone Amerikaanse fonds betekenisvolle waarde geskep.

Niemand weet wat die volgende tien jaar of meer inhou vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en derhalwe die JEB nie. Maar indien die lesse van die afgelope tien jaar en meer geleer is, beteken dit dat plaaslike beleggers dalk ’n groter deel van hul beleggings aan buitelandse bates moet toewys. 

Magnus Heystek is beleggingstrateeg by Brenthurst Wealth, Suid-Afrika se top-welvaartbestuurder in 2017 en 2020. 

Photography for Brenthurst Wealth Management in Ju
Magnus Heystek. Foto: Jeremy Glyn.



Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
+0.3%
Rand - Pond
19.33
+0.0%
Rand - Euro
17.28
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,629.04
+0.4%
Silwer
18.40
+0.2%
Palladium
2,076.27
+1.6%
Platinum
853.51
+0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot