AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9668
0,00
CORN
06 Feb
-
4540
0,00
SOYA
06 Feb
-
9515
0,00
SUNS
06 Feb
-
11477
0,00
WEAT
06 Feb
-
6655
0,00
WMAZ
06 Feb
-
4367
0,00
YMAZ
06 Feb
-
4372
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Belegging in restourasie maak sin vir bye, voedselproduksie en die eindresultaat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Shutterstock (Verskaf deur Nedbank)
Foto: Shutterstock (Verskaf deur Nedbank)
Suid-Afrika se vrugtebedryf oorheers Suid-Afrikaanse landbou-uitvoer.

Suid-Afrika se vrugtebedryf oorheers Suid-Afrikaanse landbou-uitvoer. Sitrus, tafeldruiwe en kernvrugte het meer as R40 miljard bygedra tot Suid-Afrika se uitvoerverdienste in 2020. Met meer as 50 gewasse in Suid-Afrika wat afhanklik is van die heuningby se bestaan en werk, is die voortbestaan van hierdie belangrike bestuiwer en die winsgewendheid van die vrugtebedryf nou verweef.

Byebevolkings neem wêreldwyd om verskeie redes af, insluitend insekdoders, droogte, habitatvernietiging, voedingstekort, lugbesoedeling en klimaatsverandering. Baie van hierdie oorsake is onderling verweef en gevolglik word daar nie voldoen aan die bestuiwingsvereistes van die landboubedryf nie – veral die tuinboubedryf, wat sterk op bestuiwing deur heuningbye staatmaak.

Om hierdie kwessie aan te pak is van deurslaggewende belang vir veral tuinbougewasse, wat onlangs die sterkste groei beleef het. Die uitvoervolumes van sagtesitrus het van 2011 tot 2020 met 257% gegroei, terwyl die volumes van suurlemoene en lemmetjies oor dieselfde tydperk met 180% gestyg het.

Uitvoer is die primêre drywer van uitbreiding in tuinbou. Die jongste syfers van die buro vir voedsel- en landboubeleid projekteer groei van meer as 100% in makadamias, avokado’s en lemoene teen 2030. Voeg hierby dat kleinhandelaars en verbruikers in baie van die oorsese markte al hoe meer bewus raak van bewaring en omgewingsvriendelike boerderypraktyke, en dit is ’n gegewe dat ’n oplossing vir Suid-Afrika gevind moet word.

Met te min bye om die gewasse te bestuif wat nodig is om die groeiende bevolking te voed, bestee die gemiddelde kommersiële vrugteplaas van R700 tot R1 100 per byekorf om hierdie noodsaaklike bestuiwers vir hul bestuiwingstydperk te huur. Wat sal gebeur as van hierdie geld bestee word aan die aanplant van inheemse plantegroei om biodiversiteitsbewaringsgebiede uit te brei, weidingsareas te vergroot en habitatverlies te verminder, terwyl produksiekoste verminder word?

By Nedbank is volhoubaarheid en rentmeesterskap van natuurlike hulpbronne van uiterste belang. Daarom het die bank verlede jaar met The Bee Effect en Greenpop se Forests for Life saamgewerk aan die Boland Trees for Bees-program om ’n bydrae te lewer tot die aanplant van 36 000 byevriendelike bome teen 2025 om heuningbye te voer. Hierdie projek het ten doel om ekostelsels en afgetakelde woudgebiede in die Wes- en Oos-Kaap te herstel, asook om die uitwerking van klimaatsverandering te versag, waterbronne te ondersteun en habitatte vir bye en ander wesens te beskerm.

Nedbank se Groen Trust werk nou saam met die wêreldnatuurfonds (WWF) en Living Lands om fynbos vir heuningbyvoedsel en kritieke habitat vir plaaslike diere en insekte te herstel, veral in die Langkloof-streek in die Oos-Kaap, wat bekend vir kernvrugteproduksie is.

Hierdie inisiatief kan ook help om ‘n alternatiewe lewensbestaan vir die boere in die omgewing te bou, soos heuningbosproduksie vir uitvoer, plaaslike mikro-ondernemings gegrond op die verskeidenheid bemarkbare heuningbyprodukte en ekotoerisme-geleenthede, wat help om inkomste in landboulandskappe te diversifiseer. Die ekonomiese potensiaal hiervan kan nie geïgnoreer word nie: In 2016 het byeboerdery en heuningbyprodukte en -dienste byna R16 miljard tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bygedra en 180 000 werksgeleenthede ondersteun.

Die afgelope dekade het plaaslike heuningproduksie egter met meer as 50% afgeneem, terwyl die invoer van heuning met 1 000% toegeneem het. Projekte soos hierdie kan help om te herbelê in die plaaslike heuningbybedryf  en sodoende die behoeftes om in te voer te verminder, die verskaffing van bestuiwingsdienste te verhoog en broodnodige plaaslike ekonomiese ontwikkeling verskaf.

Afgesien van die voordele, is die slotsom dat mense afhanklik is van plante, en plante is afhanklik van bestuiwers. ’n Balans moet dus gehandhaaf word om lewe op aarde te handhaaf.

Daar is tans geen standaard of erkenning vir byevriendelike boerderypraktyke in Suid-Afrika nie, maar gelukkig is baie boere daartoe verbind om die gebruik van chemikalieë te verminder en gesonde volhoubaarheidsbeginsels op hul plase toe te pas. Ons beskou ons vennote in die landbou as sleutelspelers in die ondersteuning van die voordelige kring waarvan heuningbye afhanklik is.

Beste praktyk deur alle grondeienaars – ook in die landboubedryf – verskaf goeie voedsel vir bye, wat goeie bestuiwing tot gevolg het en weer beter opbrengste en gehalte beteken. Beste praktyk sluit die verantwoordelike gebruik van plaagdoders in, veral gedurende die blom- of kosseisoen, en om plaaswerkers aan te spoor om dieselfde te doen; die verskaffing van heuningbykos deur die herstel van natuurlike plantegroei en deur gewasse soos kanola, sonneblomme en lusern by wisselbousiklusse in te sluit; om byeboere toegang tot grond te gee met veilige plekke vir byekorwe wat nie blootgestel is aan vandalisme nie; en die verantwoordelike aanplanting van goedgekeurde bloekombome en ander byevriendelike bome op ongebruikte plaasgrond.

Hierdie artikels is slegs bedoel vir algemene inligtingsdoeleindes en is nie regsadvies nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.49
-0.1%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
973.90
-0.0%
Palladium
1,629.98
+0.4%
Goud
1,877.17
+0.3%
Silwer
22.48
+0.6%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
0.0%
Alle aandele
80,241
0.0%
Hulpbronne 10
75,186
0.0%
Industriële 25
103,461
0.0%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot