
Suid-Afrika se uitgestrekte landskap, vrugbare grond en merkwaardige weerstelsels bied geleenthede vir groei en ekonomiese transformasie. Daar is egter steeds kwessies rondom beperkte produktiwiteit, ’n tekort aan belegging en infrastruktuur wat swak onderhou word, tesame met historiese struikelblokke ten opsigte van voorsieningskettings en toegang tot voorraad en dienste.
Om hierdie probleme volhoubaar te takel, moet daar konsekwente belegging in innoverings en samewerking wees wat die sektor kan help om te omvorm en die toekoms te herdefinieer.
Volgens die Verenigde Nasies (VN) is die vasteland steeds besig om sy voete te vind ná die covid-19-pandemie. Die VN het verskeie inisiatiewe daargestel om die transformasie van die landbou reg oor Afrika aan te help, maar onderstreep die waarde van investering in oplossings wat volhoubaarheid in die struktuur van die sektor insluit.
Hierdie siening word weerspieël in ’n onlangse ontleding deur Brookings wat beklemtoon hoe die Vierde Nywerheidsrevolusie se tegnologie die produktiwiteitskwessies wat transformasie kniehalter, kan aanpak. Die navorsing het egter ook getoon dat dit verder as bloot tegnologie moet strek.
“Dis noodsaaklik dat tegnologie en innovering hand aan hand met realistiese doelstellings en toepassings loop,” sê mnr. John Hudson, Nedbank se nasionale hoof van landbou. “Dit moet boere help om meer volhoubaar, winsgewend, produktief, doeltreffend en veerkragtig te wees.”
Die Suid-Afrikaanse landbounarratief is ingewikkeld. Daar is geen kitsplatform wat die ineenstorting van die infrastruktuur, onbetroubare kragvoorsiening en swak markprestasie kan takel nie. Daar is wel middels wat die sektor kan help om sy marktoegangsbestuur, kliënte- en privaatbeleggingstoegang, asook veerkragtigheid in elke besigheidsaspek te inkorporeer.
’n Uitstekende voorbeeld hiervan is hoe tegnologie aangewend is om die waterprobleem aan te pak. Van die voorste oplossings op hierdie gebied is: Nosetsa, ’n oplossing wat boere help om meer volhoubare besproeiing te ontwikkel; slim, aanlyn gedrewe waterbestuurhulpmiddels met sensors wat waterverbruik en -verspreiding bestuur; en kunsmatige-intelligensiestelsels wat watergebruik outomatiseer, ontleed en bestuur. Hierdie innovasie kan gesien word in beginbesighede en oplossings wat tans die Suid-Afrikaanse landbousektor transformeer. Organisasies soos Aerobotics, ’n slim-ontledingsmaatskappy; Khula!, ’n sagteware- en mobiele bemarkingsplatform; Biotikum, ’n verskaffer van mikrobiese bymiddels; en Ooka, ’n bemarkingsplatform vir kleinboere, blaas nuwe lewe in die landboubedryf. Dit word ondersteun deur instellings in die openbare sektor, soos die Technology Innovation Agency wat innovering in die sektor finansier.
“Die sektor moet nou voortbou op transformasie en tegnologie om veerkragtig en sterk te word,” sê Hudson. “Maatskappye moet die regte tegnologie gebruik om hul unieke en spesifieke probleme op te los. As die probleem infrastruktuur is, moet ons konsentreer op tegnologie wat die hindernisse in verskaffing, krag en vervoer kan verlig. As die probleem water is, moet ons konsentreer op tegnologie wat watergebruik en -koste kan optimaliseer. Tegnologie moet pasgemaak wees vir die probleem – nie andersom nie.”
Deur die gebruik van tegnologieë wat risiko verminder, boere bedien en plaaslike probleme aanpak, kan die landbou die toekoms herdefinieer. “Die modernisering van landbou-infrastruktuur het die potensiaal om die Suid-Afrikaanse dialoog fundamenteel te verander. Dit kan Afrika se potensiaal as die broodmandjie van die wêreld verstewig.'
Nedbank is verbind tot groei en transformasie in die landbousektor en is voortdurend besig om sy produkte en dienste aan boere en landboubesighede uit te brei en te verbeter. Nedbank se innoverende tegnologie, hegte vennootskappe, die ontwikkeling van nuwe produkte en sy verhoudinggebaseerde benadering voorsien sy kliënte van finansiële oplossings wat hul groei-ambisies op ’n volhoubare manier ondersteun.