AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Beplan jou geldsake reg met kundige advies

akkreditasie
Wat ’n boer se geldsake betref, is dit altyd belangrik om aan die toekoms te dink. Mnr. Willem Lategan van RiG-adviesdienste gee insig oor hoe dié maatskappy boere met finansiële beplanning bystaan.

Vir die boer sal ’n goeie finansiële plan tipies ’n beleggingsplan, b u i t e l a n d s e plan, boedelbeplanning en ’n familiebesigheidplan insluit. Volgens mnr. Willem Lategan is hoe jy jou geld toewys, belangrik. Daar is drie maniere van toewysing, waarvan batetoewysing die eerste is.

“Jy kan byvoorbeeld ’n portefeulje hê wat 60% in aandele, 30% in rentedraende produkte en 10% in eiendom belê is. Op lang termyn is dit hierdie batetoewysingsbesluit wat hoofsaaklik jou beleggingsopbrengste aandryf. “Geografiese toewysing is die tweede belangrike oorweging. Dit is as jy byvoorbeeld 50% van jou geld plaaslik belê en die res in die buiteland. Derdens is die toewysing oor tyd belangrik. Jy moenie die mark met ’n groot klomp geld bestorm nie. Jy moet gedissiplineerd oor baie jare geld by jou beleggings voeg.”

Beleggingsbenadering 

Daar is verskillende beleggingstyle, soos ’n groei-, waarde- of momentumstyl. ’n Boer kan besluit of hy in aktiewe fondsbestuur glo en of hy eerder meer in indeksfondse wil belê. “Beleggers moet konsentreer op dit waaroor hulle beheer het,” sê Lategan.

“Daar moet dus genoeg gespaar word om te kan belê. Dit is ook belangrik dat beleggers oor tyd genoeg risiko loop om by hul doelwitte uit te kom. In die proses moet hulle seker maak hulle word beloon vir die risiko’s wat hulle neem.”

Risiko

Beleggers dink dikwels die stygings en dalings van die mark of wisselende wisselkoers is hul grootste risiko. “Ironies genoeg, dit is nie so nie. ’n Groter risiko is inflasie gekoppel aan langlewendheid. Jou grootste risiko is dus dat jou geld op jou oudag gaan opraak terwyl jy nog ’n klomp jare het om te leef.

“ ’n Nóg groter risiko is beleggersgedrag. Ek het al ’n paar keer gesien dat kliënte só waag met hul swaarverdiende beleggingskapitaal dat hulle dit verloor. Beleggers het betroubare leiding nodig om ’n goeie bestuursplan vir hul beleggings uit te werk.” BELEGGINGS IN

Die buiteland 

Beleggers wil toenemend buitelandse blootstelling hê. “Buitelandse beplanning gaan oor vier B’s: beleggings-, besigheids-, boedel- en burgerskapbeplanning. “Mense kan op verskeie maniere meer buitelandse blootstelling kry. ’n Boer kan met iets eenvoudigs begin, soos om met sy uittree-annuïteit die volle 30% te gebruik wat hy in die buiteland mag belê.

“As hy reeds afgetree het, kan hy selfs meer blootstelling in sy aftreegeld aan buitelandse bates hê. Met ’n belastingvrye spaarbelegging kan die boer 100% buitelandse blootstelling geniet. In ander gevalle help ons kliënte met ingewikkelder strukturering en oplossings. Hier gebruik ons soms aksepbanknotas om veral kapitaalwinsbelasting- aanspreeklikhede in beleggings vir trusts en maatskappye te verminder.”

Dit is ook belangrik om seker te maak jou beleggings en jou morele waardes stem ooreen. Lategan sê by RiG-adviesdienste word geglo: “Hoe jy geld maak, maak saak.”

Die skets toon die drie sirkels in ’n familiebesigheid wat oorvleuel.

Boedelbeplanning 

’n Goeie boedelplan is uiteraard noodsaaklik vir elke boer. “Boere vergeet soms wat hul huweliksbedeling behels. Hulle kan dalk buite gemeenskap van goedere getroud wees, maar kan nie onthou of dit met of sonder die aanwasbedeling is nie. En dit bepaal dikwels hoe ons die testament moet bewoord.”

Lategan meen trusts in ’n boedelplan is nog van waarde. “Dit is ’n veilige manier om ná jou dood vir jou geliefdes te sorg, en selfs om bates teen krediteure te beskerm. Dit is wel belangrik dat die trust baie goed geadministreer word. Boere bemaak dikwels al hul bates aan ’n trust, maar gee nie vir die oorblywende trustees ’n riglyn deur ’n resolusie of brief van wense wat aandui wat hulle wil hê verder met die trust se bates moet gebeur nie.”

Opsies vir boere en hul gades, benewens ’n boedelbelastingvrye buitelandse polis, is produkte waar die versekering met die dood van die langslewende uitbetaal, sê Lategan. “Hier kan hulle bekostigbaarder versekering uitneem om erfporsies tussen kinders meer gelykop te verdeel. Boere kan ook hul versekerbaarheid deur toekomsdekking verseker. Dit is nuttig wanneer opvolgers eendag plaas toe kom en dalk nou reeds ’n ouer se versekerbaarheid wil verseker.”

Die beplanning van ’n buitelandse boedel hang af van waar die familie bates het. “As hulle bates in verskillende jurisdiksies het, maak dit soms sin om testamente vir die verskillende jurisdiksies op te stel. “Van die families kan selfs buitelandse trusts hê. Dit word dikwels deur hul buitelandse polisse gefinansier, wat boedelbelastingvry kan wees.”

Beplanning vir familiebesighede 

’n Familiebesigheid kan ingewikkeld wees. Dit is dus belangrik om ’n goeie plan te hê. “Baie boerderye in Suid-Afrika is familiebesighede en is al tussen geslagte oorgedra.” Lategan verduidelik die onderskeid tussen verskillende substelsels binne ’n familiebesigheid. Daar is drie sirkels wat oorvleuel (sien SKETS).

“Die eerste sirkel is die familie, die tweede is die besigheid en in die derde sirkel is dit belangrik om te sien waar die eienaarskap van die familiebesigheid lê. Daarby moet die hele familiebesigheid goeie bestuurstrukture hê. Opvolgbeplanning is ook belangrik.

“Jy moet vroegtydig daarmee begin. Dit moet oop en deursigtig wees en die partye moet duidelik kommunikeer. As daar konflik is, moet ’n mens dit konstruktief benader. Hier kan daar met groot vrug van insigte uit die gedragswetenskappe gebruik gemaak word.”

Ten slotte 

Lategan sluit met dié belangrike stukkie raad af: “Ons sien gereeld dat kliënte se beplanning en advies gefragmenteerd raak. Ons moet meer holisties beplan en die beleggings-, buitelandse, boedel- en familiebesigheidsplan saam in een oorhoofse plan integreer. “ ’n Boer se planne raak nooit op nie, hy maak altyd ’n plan – ook ’n goed geïntegreerde finansiële plan.”

Navrae:
Web: rig.ac


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot