
Op AB Inbev se modelplaas op Caledon in die Wes-Kaap is dit belangrik om ’n volhoubare wenspan te hê. Om hierdie doel te bereik, moes sekere fasette verbeter word. Ons het begin kyk na presisietoerusting. Dit het gelei tot die aankoop van Falcon se Amazone ZA-TS 3200 Super Profis Hydro-strooier.
Met dié strooier se 128 seksies mors jy nie kunsmis deur dit dubbel te plaas of oor te slaan nie. Met die druk van ’n knoppie strooi jy tot op die einde van die land met feitlik geen kunsmis wat oor die draad val nie.
In 2020 het ons Amazone se ArgusTwin-stelsel aangeskaf. Hierdie masjien se 14 radar-oë kontroleer die kunsmis voortdurend. Dit help om die lande meer gelyk te maak, terwyl die radars seker maak die strooipatroon bly dieselfde.
Die WindControl-toevoeging, wat op die ZA-TS gemonteer kan word, is die antwoord vir wind. Dit kan windspoed van tot 10 m/sek. (36 km/h) uitskakel. Dus kan daar op die meeste dae voluit gestrooi word.
Die Isobus-stelsel van die-Amazone-strooier het 100% op die plaas se John Deere-trekker gepas. Boonop kon die operateur se profiel opgestel word sodat net die funksies wat op hierdie plaas gebruik word, op die skerm vertoon.
Die strooier het twee lere langs die kant sodat die grootmaatsakke maklik oopgemaak kan word om die strooier vol te maak.
Mnr. Hennie le Roux is van AB InBev se modelplaas en mnr. Wessel Vosloo is van Falcon Agricultural Equipment.