AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Beter bemesting, reënval laat geel basters presteer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Jacques Roodt. FOTO: EUGENE MARAIS
Mnr. Jacques Roodt. FOTO: EUGENE MARAIS
In die Noordoos-Kaap, aan die voetheuwels van die suidelike Drakensberg, moet die geelmieliepakket wat hierdie boer aanplant, geskoei wees op opbrengs, stabiliteit, staanvermoë en siekteverdraagsaamheid.

Mnr. Jacques Roodt van die plaas Bloukrans by Elliot behaal tans uitstekende gemiddelde geelmielie-opbrengste met basters van Pannar – 15,3 t/ha met PAN 3R-524R en 14,4 t/ha met PAN 4R-528R (sien die tabel). Sy opbrengs het aansienlik verbeter danksy ’n verandering in die manier hoe hy stikstof toedien.

Die toedieningswerktuig wat hy gebruik, plaas ook die onkruiddoder akkuraat – slegs tussen die rye en nie op die mielieplante nie. “Dit help baie dat die mielieplante nie die chemikalieë hoef te verwerk en sodoende nie stres ervaar nie.”

Daarby het die gebied vanjaar weer normale reënval gehad ná ’n droogte van vyf jaar. Roodt bestuur ’n gemengde boerdery met Simbra-beeste, Merino-skape (stoorlammers en wol) en ’n groenvoervertakking (hawer en die korogkultivar PAN-248). Mielies is sy passie en hy verslind enige leesstof en navorsing daaroor.

Hy voer jaarliks sy eie proewe uit om die volgende jaar daarop te verbeter, “want ek ding met myself mee en met niemand anders nie. Dit is vir my lekker om te sien hoe die mielie transformeer met al die veranderinge en proewe.”

Hy plant tans PAN 4R-528R aan wat aan al die nodige vereistes voldoen, PAN 3R-500R, wat “Ek het gesien PAN 4R-528 het ’n uitstekende opbrengspotensiaal. Ek is steeds besig om te eksperimenteer met die baster se volle potensiaal in ons gebied en om te bepaal waar sy sweet spot lê.”

Hy het ook geleer ’n minimum van drie jaar se proefdata oor elke baster is nodig voordat ’n ingeligte besluit geneem kan word oor ’n spesifieke baster. Roodt meen presisieboerdery, akkurate rekordhouding van monsterneming in elke blok in sy roosterpatroonstelsel, en grondklassifiserings- en opbrengskaarte is belangrik vir die sukses van sy boerdery.

Planttoestande

Hy plaas klem op die voorbereiding van saad, asook chemiese regstelling en grondgesondheid om die meeste uit sy oes te haal. Roodt boer op droëland en plant teen ’n stand van 55 000 plante/ha met ’n ryspasiëring van 0,91 m. Hy volg konvensionele praktyke met beperkte grondbewerking.

Die saadbedding word voorberei met ’n Lemken Karat 9-werktuig. Ter voorbereiding van die grond word kalk gestrooi, met die nodige chemiese regstellings. Hy volg ’n volle bemestingsprogram van Omnia-kunsmis.

Sy roosterpatroonstelsel behels dat al die land in blokke van 1 ha goeie weerstand teen siektes het met ’n goeie staanvermoë, asook PAN 3R-524R, wat ’n goeie opbrengspotensiaal het en baie aanpasbaar is. Die groeityd van die basters is ultravinnig tot vinnig. opgedeel word.

Monsters word elke derde jaar op dieselfde punte geneem om veranderinge in voedingstofvlakke waar te neem. Regstellende toedienings word wisselend, na gelang van die behoefte, met ’n strooier gedoen. ’n Plantmengsel word met planttyd toegedien. Dit word opgevolg deur bobemesting op die V7- tot V8-groeistadium met behulp van ’n toedieningswerktuig wat hy self gebou het. Dit sit die stikstof presies reg bo die wortel neer.

Sy kunsmistoediening is 160 kg stikstof, 42 kg fosfor en 53 kg kalium per hektaar. Roodt verseker dat die saad reg geplaas en kunsmistoedieners reg gekalibreer word vir optimale opbrengste. Mielies word van 1 Mei af geoes.

Mnr. Jacques Roodt. FOTO: EUGENE MARAIS

Moeilike toestande

Elliot se hoogte bo seevlak beteken dat die planttyd vir mielies aansienlik korter is met minder hitte-eenhede, en die wind kan kwaai waai. Daarom plant hy vinnige basters met goeie groeikragtigheid. “Pannar se pakket wat ek aanplant, voldoen by uitstek aan hierdie vereistes.”

Roodt is baie tevrede met die diens wat hy van Pannar kry, veral die goeie diens en tegniese kennis van mnr. Eugene Marais, Pannar se verteenwoordiger in die Elliot-omgewing, tesame met goeie ondersteuning van die streekbestuurder en landboukundige. Roodt skryf sy sukses in die landbou eerstens aan sy hemelse Vader toe.

“Sonder Hom sou ek dit nie kon doen nie. Dit bly sy grond – ek bestuur dit maar net.” Hy is ook dankbaar vir sy pa, Jan, wat hom die geleentheid gee om te kan voortbou op die grondslag wat hy gelê het. Sy vrou, Elaine, ondersteun hom ook deur dik en dun.  

Navrae:
Mnr. Eugene Marais, e-pos: seedplusagri@gmail.com, 083 777 7091; mnr. Jacques Roodt, e-pos: jjr@mail.org, 083 351 6779; web: pannar.com.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot