
Die groot wag is byna verby. Die NextGeneration Ranger is opvallend, met ’n doelgerigte buitekant. Die ontwerp het ’n gedefinieerde nuwe sierrooster en kenmerkende C-klamp-koplig, terwyl ’n subtiele skouerlyn sterker wielboë insluit om die Ranger ’n vasvoetige houding te gee.
Die agterligte is in harmonie met die kenmerkende vooraansig ontwerp. Binne het die kajuit sagte, eersteklas-materiaal en ’n prominente raakskerm in die middel met Ford se SYNC®4Akonnektiwiteit en inligtingvermaakstelsel.
Nuwe Kragtige Keuses
Daar is ’n3liter-V6-turbodieselenjin vir die Ranger ontwikkel vir ’n keuse van krag of wringkrag. Dit is een van drie turbodiesel-enjinopsies wat beskikbaaris. Die Next-Gen Ranger bied die keuse van die splinternuwe enkelturbo- en die dubbelturbo-inlyn-viersilinderdieselenjin van 2 liter. Die enkelturbo kom in twee verskillende werkverrigtingsvlakke enlewer meer krag en wringkrag, en die brandstofverbruik is ook beter. Die dubbelturbo-enjin is ’n meer gesofistikeerde kragbron vir klante wat krag wil hê, maar brandstofbesparing verlang.
Verbeterde Rit En Hantering
Die voorwiele is 50 mm vorentoe geskuif vir ’n beter naderings- envertrekhoek.Dieagterste veringdempers is na buite geskuifom’nbeter ritopdiepad en in die veld te verseker. Daar is ’n keuse van twee vierwielaandrywingstelsels, naamlik ’n elektroniese oorskakeling-in-die-ry-stelsel, of ’n gevorderde voltydse 4x4-stelsel met ’n gerusstellende stel-envergeet-modus, ontwerp vir werkverrigting wanneer en waar nodig.
Kenmerke Binne
Die hart van die Ranger se koppelervaring is die groot 10,1”- of 12”-raakskerm in die middelwatdievolledige digitale instrumentepaneel,metFordse nuutste SYNC®4A-stelsel, komplementeer. Die ingeboude, fabriekgemonteerde modem maak konnektiwiteit moontlik wanneer dit met die FordPass™- toepassing gekoppel word. By uitgesoekte modelle is die skerm gekoppel aan ’n kamera wat 360° sig bied om parkering te vergemaklik, en om te help wanneer jy veral oor moeilike terrein beweeg. Die Nex-Generation Ranger salin 2023bydieFord-aanlegin Pretoria gebou word.