
Vytelle het onlangs, met die samewerking van meer as 30 netwerkvennote, hul top-150 bewese bulle aangekondig. Die bulle op die lys se voerdoeltreffendheid is met groot akkuraatheid bepaal. Hulle het uitgestyg bo meer as 94 00 diere, uit 25 verskillende rasse en meer as 289 000 toetse vir (residuele voerinname) en verwagte nageslagverskil (EPD).
“Beesprodusente kan nou die regte gene dupliseer,” sê me. Kerryann Kocher, uitvoerende hoof van Vytelle. “Met Vytelle se geïntegreerde tegnologieplatform is betroubare, datagedrewe besluitneming ’n realiteit. Vytelle en sy netwerkvennote publiseer hierdie lys van voerdoeltreffende bulle om beesprodusente wêreldwyd te help om akkurater paringseleksiebesluite te neem.”
Bulle wat op die lys van top-150 bewese bulle verskyn, moet aan die volgende kriteria voldoen:
• ’n Minimum van ’n driegenerasie-stamboom;
• Akkuraatheid van verwagte nageslagverskil vir residuele voerinname van 0,6 of hoër;
• Dier of nageslag is op ’n Vytelle SENSE-stelsel getoets.
Wie is Vytelle?
Vytelle is ’n presisieveemaatskappy wat die wyse hervorm waarop beesprodusente wêreldwyd diereprestasie ontsluit. Dié maatskappy stel die wêreld se grootste multiras-databasis saam met die meer as 289 000 individuele verwagtenageslagverskil- (EPD) diere. Elke gefenotipeerde dier versterk die databasis wat produsente insig gee om winsdraende besluite te neem oor seleksie vir voerdoeltreffendheid en prestasie.
Hoekom selekteer vir voerdoeltreffendheid?
Produsente kan voerdoeltreffende gene integreer deur die Vytelle SENSE™-stelsel te gebruik of voerdoeltreffende bulle of semen aan te koop.
“Die seleksiemoontlikhede vir telers is eindeloos,” sê me. Lisa Rumsfeld, visepresident van internasionale kommersiële bedryf vir Vytelle.
“As deel van ’n gebalanseerde program kan die keuse van beeste vir voerdoeltreffendheid deur gebruik te maak van residuele voerinname ’n direkte impak op wins hê omdat 70% van ’n beesvleisprodusent se totale koste voer is.”
Voerdoeltreffendheid gemeet deur netto voerinname is ’n matig oorerflike, onafhanklike eienskap (Koch et al., 1963). Wanneer netto voerinname as ’n genetiese seleksie-instrument gebruik word as deel van ’n gebalanseerde teelprogram, sal die gevolglike nageslag minder voer verbruik vir dieselfde vlak van produksie.
Fenotipiese data wat deur die Vytelle SENSE-stelsel vasgelê is, meet individuele veevoerinname en gewig parallel, terwyl beeste in hul krale bly. Die voerinname-nodusse meet voerverdwyning elke keer as ’n dier vreet, tot ’n 10 gram-resolusie. Die in-kraal-weegposisies meet individuele diere se gedeeltelike liggaamsgewig en groei. Dit weeg elke sekonde wat ’n dier by die waterkrip staan, wat gelykstaande is aan tot 450 gewigte per dag.
Vytelle se geïntegreerde tegnologieplatform stel produsente in staat om betroubare, datagedrewe paringsbesluite te neem. Dit verbeter die voorspelbaarheid van daardie besluite en sodoende kan die regte gene vinniger herhaal word met hormoonvrye in vitro-bevrugting.
Produsente kan met behulp van Vytelle volhoubaar meer proteïen te lewer met minder insette. Daardeur verseker hulle dat vleis en melk lewensvatbare, mededingende voedselkeuses vir toekomstige geslagte is.
Besoek https://vytelle.com/breeding-values/ om Vytelle se top-150 bewese bulle te sien.
Sluit aan by die groeiende aantal telers reg oor Suid-Afrika en Namibië wat in voerdoeltreffendheid belê om beeste se genetiese eienskappe te bevorder, of kontak Vytelle om die versnelling van die genetiese vordering van jou kudde te bespreek.