
Die produk K-leaf® is deel van Tessenderlo Kerley se reeks kaliumsulfaat- (SOP) gebaseerde produkte. Dit is ideaal vir die blaarbespuiting van talle gewasse, waaronder vrugte en groente.
Ander produkte in die reeks sluit in SoluPotasse®, ’n wateroplosbare SOP-produk van topgehalte vir bemesting, en GranuPotasse®, ’n korrel-SOP, vir grondtoediening of grootmaatvermenging.
K-leaf® is ’n vinnige en hoogs oplosbare kaliumversterkerproduk wat spesifiek vir blaartoediening ontwikkel is. Die unieke eienskappe stel produsente in staat om blaarbespuitings met maksimum doeltreffendheid toe te dien om sodoende die gewas van vinnige kaliumvoeding te voorsien en vinnige regstellings te maak in die geval van ’n tekort.
As ’n aanvulling tot grondtoedienings van kalium bied blaartoediening van K-leaf® ’n kostedoeltreffende manier om oesopbrengste te optimaliseer en gewasgehalte te verbeter. Kalium word in die meeste gewasse as ’n gehalte-element en ’n noodsaaklike opbrengskomponent beskou.
K-leaf® bevat ook die belangrike sekondêre voedingstof swael. Dit word in sulfaatvorm gelewer wat maklik deur die plant opgeneem word. Swael is ’n belangrike bestanddeel van aminosure en proteïen en word benodig vir fotosintese.
K-leaf® los vinnig op om ’n suuroplossing te gee. ’n Lae suurvlak verminder die risiko dat die spuit sal verstop. Dit lewer ’n helder oplossing sonder enige residu. SOP het ook die laagste soutindeks van die belangrikste kommersiële potas-kunsmisstowwe.
K-leaf® word gewoonlik op die blare gespuit wanneer die plant se vraag na kalium baie hoog is, soos tydens knol-, graan- of vrugvorming en groei, of wanneer sekere grondtoestande kaliumopname deur die wortels kan beperk.
Tessenderlo Kerley, web: www.tessenderlokerley.com
Geregistreer ingevolge Wet 36 van 1947: K-leaf® (reg.nr. K10736), SoluPotasse® (reg.nr. K10739), GranuPotasse® (reg. nr. K10737)