AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere beloon vir herlewingslandboupraktyke

akkreditasie
Plaaslike boere kan ekstra geld verdien deur Climate Neutral Group se AgriCarbon-program te gebruik. FOTO: VERSKAF
Plaaslike boere kan ekstra geld verdien deur Climate Neutral Group se AgriCarbon-program te gebruik. FOTO: VERSKAF
Suid-Afrikaanse boere wat herlewingslandboupraktyke toepas, kan nou ’n ekstra inkomste verdien danksy die land se eerste internasionaal erkende koolstofvergoedingsprogram vir die landbousektor.

Die geleidelike verskuiwing na herlewingslandboupraktyke reg oor Suid-Afrika het vandeesweek broodnodige ondersteuning ontvang toe die koolstofbestuursmaatskappy Climate Neutral Group (CNG) sy AgriCarbon-program bekend gestel het in ooreenstemming met die internasionaal erkende Verra-koolstofstandaard. Dit is die eerste projek ter wêreld wat goedgekeur is ingevolge die Verra-koolstofmetodologie “VM0042: Improved Agricultural Land Management”.

Vir die meeste boere word die skuif na herlewingslandbou aangedryf deur die toenemende verhoging in insetkoste, die afname in grondgehalte en in reaksie op knellende droogtetoestande. Nou is daar uiteindelik ook regstreekse finansiële voordele beskikbaar danksy ’n inkomste uit koolstofkrediete.

“Enige boer wat herlewingslandboupraktyke toepas, of beoog om dit in die toekoms te doen, en elke jaar gronddata aan ons kan verskaf, kan aan die AgriCarbon-program deelneem,” sê mnr. Nyasha Shumbayarerwa, CNG se landbouprojekkoördineerder.

Mnr. Gray Maguire, projekbestuurder by CNG, sê: “Die prioriteit is tans om boere wat reeds herlewingspraktyke toepas en bestaande gronddata het, in te skryf in die program sodat hulle die maksimum voordele kan verkry en beloon word daarvoor dat hulle pioniers in die landbousektor is.”

Dit werk só

Die AgriCarbon-program, wat deur CNG bestuur word, verskaf aan boere ’n bykomende bron van inkomste deurdat dit hulle help om landboukoolstofkrediete, wat baie hoog in aanvraag is, te sertifiseer en te verkoop. CNG bepaal die hoeveelheid koolstofkrediete wat op die plaas verdien is, met die gronddata wat ontvang word. Dit word dan by die koolstofouditeur en uiteindelik die Verra-koolstofstandaard ingedien. 

Die insluiting van meer plase in die AgriCarbon-program lei tot ’n noemenswaardige afname in ouditkoste per plaas en sodoende word die inkomste vir boere tot die maksimum verhoog. Deur by die program aan te sluit vermy boere die kompleksiteit en hoë koste wat daarmee gepaard gaan om self koolstofkrediete te sertifiseer. 

Mnr. Franz Rentel, direkteur vir CNG Suid-Afrika, sê: “Maatskappye in Suid-Afrika en reg oor die wêreld verbind hulle nou tot netto nulkoolstofvrystelling en is op soek na die beste gehalte koolstofkrediete. Hulle wend hulle tot die landbousektor om krediete te koop wat boere ondersteun in die oorgangsproses na boerderypraktyke wat koolstof aan die atmosfeer onttrek en die grond verryk. CNG, tesame met sy vennote, bied die ondersteuning, tegnologie en finansiering wat boere in staat stel om die beste gehalte koolstofkrediete wat maatskappye sal wil koop, te verdien.”

Boere het tyd tot 30 September 2021 om aan te sluit by CNG se AfriCarbon-program. Sodoende kan hulle die maksimum koolstofkredietinkomste verdien met die koolstof wat oor die afgelope vyf jaar in hul grond opgehoop het. Hierdeur kan boere hulle eerste betaling reeds so vroeg as 2022 ontvang. Besoek https://climateneutralgroup.co.za/agricarbon/ vir nog besonderhede.

Só werk Climate Neutral Group se AgriCarbon-program.

Die Climate Neutral Group 

Climate Neutral Group (CNG) is verbind daartoe om klimaatsverandering teen te werk en maatskappye te ondersteun in hul strewe na netto nulkoolstofvrystelling teen 2050 ingevolge die Parys-ooreenkoms. Sy span toegewyde kundiges ondersteun meer as 3 000 maatskappye wêreldwyd en het sodoende al meer as 10 miljoen ton CO2 verreken.

CNG is in 2002 deur Triodos Bank en DOEN Participation gestig en het sedertdien baie vinnig uitgebrei. CNG is wêreldwyd bedrywig en is sedert 2008 ’n stigtersvennoot en lid van The International Carbon Reduction and Offset Alliance (ICROA). CNG is B-Corp gesertifiseer sedert 2015 en sedert 2019 by ISEAL ingeskryf. 


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.97
-0.1%
Rand - Pond
20.05
-0.5%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,667.83
+0.4%
Silwer
18.97
+0.8%
Palladium
2,175.50
-1.4%
Platinum
872.50
+0.5%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
56,921
0.0%
Alle aandele
63,264
0.0%
Hulpbronne 10
59,793
0.0%
Industriële 25
76,769
0.0%
Finansiële 15
13,707
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die beste gee
Ek is snaaks n mense mens hou van kuier braai en nuwe mense ontmoet ek hou van movies kyk tyd by die kerk duer bring en met my kids spandeer
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot