AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9668
0,00
CORN
06 Feb
-
4540
0,00
SOYA
06 Feb
-
9515
0,00
SUNS
06 Feb
-
11477
0,00
WEAT
06 Feb
-
6655
0,00
WMAZ
06 Feb
-
4367
0,00
YMAZ
06 Feb
-
4372
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Bonsmara SA se telers neem voortou in 2021

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die verkope van Bonsmara-bulle tydens 2021 toon dat die aanvraag in die kommersiële mark na Bonsmara-teelmateriaal groter as ooit is. FOTO: BONSMARA SA
Die verkope van Bonsmara-bulle tydens 2021 toon dat die aanvraag in die kommersiële mark na Bonsmara-teelmateriaal groter as ooit is. FOTO: BONSMARA SA
Die wêreld is die afgelope twee jaar baie vinnig op sy kop gekeer. Die covid-19-pandemie het almal onkant betrap, en het ook sy impak op die landboubedryf gehad. Die vleisbedryf in Suid-Afrika het egter in hierdie onseker tye sy staal getoon.

Ondanks wêreldwye inperkings en veral streng inperkings in Suid-Afrika het boere getoon dat hulle nie wegskram nie. Produksie op ’n plaas moet altyd voortgaan om te verseker daar is te alle tye kos op die verbruiker se bord.

2021-veilingseisoen 

Danksy mildelike reën in die meeste van die vleisbeesproduksiegebiede in Suid-Afrika die afgelope twee jaar is baie vleisbeesboere weer besig met ’n kuddeboufase ná die lang droogtes in die middel en laat 2010’s. Die aanvraag was die afgelope jaar steeds baie hoog vir veral vroulike diere, maar dit weerspieël ook die vraag na teelmateriaal in die vorm van bulle.

Bonsmara SA se telers kan opreg getuig dat die 2021-veilingseisoen uitstekend was. As daar na bulle gekyk word, is altesaam 2 682 bulle op 100 veilings verhandel. Slegs vier veilings se statistieke was nog uitstaande met die skryf van dié artikel.

Dit is almal bulle wat in hul onderskeie groeitoetse die minimum rasstandaarde oortref het, asook deur die streng Bonsmara-keuringstelsel gekom het. Dit is waar die diere minstens twee keer – eerstens ná hul groeitoets en dan voor die veiling tydens die “kyk-weer”-inspeksie – in hul leeftyd reeds aan ’n fenotipiese inspeksie onderwerp was, en waar hulle albei inspeksies geslaag het.

Die vraag na Bonsmara-teelmateriaal in die kommersiële bedryf is groter as ooit. Dit is daarom uiters belangrik vir Bonsmara SA-telers dat daar na die behoeftes van die kommersiële teler geluister word.

Die gemiddelde prys van R73 657 vir die 2 682 bulle op die 100 veilings is ’n goeie aanduiding van die gesogtheid van die Bonsmara. Dit beteken egter nie dat alle Bonsmara-teelmateriaal “duur” is nie. As jy na die GRAFIEK kyk, is dit duidelik dat daar ’n verspreiding van gemiddelde pryse is.

Dit beteken dat ’n boer die Bonsmara van sy keuse in sy streek ook in sy prysklas kry.

Telersprestasie

Nie net Bonsmara-veilings het vanjaar die voortou geneem nie, maar ook die telers het presteer tydens SA Stamboek se Elite-vleisbeeskudde-eerbewyse. Bonsmara-telers het uitgeblink tydens die streek-eerbewyse vir die produksietydperk wat in Julie 2021 geëindig het.

Vier Bonsmara-telers het platinum eerbewyse ontvang, wat beteken hulle is onder die toptientelers in Suid-Afrika van al die SA Stamboekrasse. Vyf telers het dubbelgoue toekennings ontvang, 39 telers het goud verwerf, 59 telers het silwer ontvang en 43 telers brons.

Dit is weer eens ’n bewys van die Bonsmara-stelsel en die manier waarop Bonsmara SA die stelsel en prestasietoetsing volg om te verseker hy lewer diere van uitmuntende genetiese gehalte aan die mark.

Voeg hierby SA Bonsmara se oorheersing in die nasionale karkaskompetisie die afgelope tien jaar, en dit is ’n bewys dat dié rooi ras in die behoeftes op die plaas én op die verbruiker se bord voorsien.

Toekoms rooikleurig

Met soveel kwessies tans in die wêreld is dit lekker om te weet Bonsmara SA se lede, Suid-Afrikaanse boere, en ’n Trots Suid-Afrikaans ras is besig om hul man te staan. Die toekoms in die Suid Afrikaanse vleisbedryf is “rooikleurig”, so rooi soos ’n Bonsmara.

Mnr. Louis Steyl is die uitvoerende hoof van Bonsmara SA.

Navrae:


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.49
-0.1%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
973.90
-0.0%
Palladium
1,629.98
+0.4%
Goud
1,877.17
+0.3%
Silwer
22.48
+0.6%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
0.0%
Alle aandele
80,241
0.0%
Hulpbronne 10
75,186
0.0%
Industriële 25
103,461
0.0%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot