AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Bonsmara se hoogtepunt

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vroulike topdiere, soos LAR 18-236 (duurste vroulike dier in 2022), is op die nasionale veiling beskikbaar. FOTO: BONSMARA SA
Vroulike topdiere, soos LAR 18-236 (duurste vroulike dier in 2022), is op die nasionale veiling beskikbaar. FOTO: BONSMARA SA
Maart is die maand waarna Bonsmara SA vanjaar die meeste uitsien. Dit is die maand wanneer Bonsmara-liefhebbers byeenkom vir die jaarlikse Rooi Ras-geleentheid en nasionale veiling. Hierdie hoogtepunt op die kalender lewer elke jaar vuurwerk op.

Verlede jaar het die Maart-geleentheid op ’n hoogtepunt begin toe pres. Cyril Ramaphosa, medeteler, die kommunikasieoggend bygewoon en ’n paar gedagtes aan die gaste oorgedra het.

Dit is opgevolg deur die res van die kommunikasie-oggend en jaarvergadering, waarna alles gereed gekry is vir Bonsmara- teelmateriaal.

Die Rooi Ras-geleentheid is uitstekend bygewoon deur stoet- en kommersiële telers, asook ander belangstellendes. Met bekwame ontleders, soos mnre. Theo Vorster en Wandile Sihlobo, kon gaste weer ’n idee kry waar die landbou staan ten opsigte van die politieke en die ekonomiese landskap.

Daarna het mnr. Chris Visser van Skatkis Bonsmaras vertel van sy ervaring om op kort kennisgewing aan die Dakartydren deel te neem en hoe deursettingsvermoë hom gehelp het om dié strawwe motorwedren te voltooi.

Die veiling van 2022 het hoogtepunte opgelewer met verskeie rekordpryse wat behaal is. Lot 9 met uitstekende koeie (3-in-1) uit die Up George Bonsmaras- stal van mnr. Derek en me. Tutu Ralfe is vir R550 000 aan Tambaraine Bonsmaras van mnr. Eloff Muller van Mosselbaai verkoop. Nog Up George Bonsmaras- teelmateriaal, naamlik ’n dragtige vers, is vir R200 000 deur Boschhoek Bonsmaras van mnr. André van der Heyde van Roedtan verkoop. Talle ander diere op die veiling het ook uitstekende pryse behaal.

Waarna om uit te sien

Vanjaar se geleenthede van Bonsmara SA beloof om inhoud te bied wat min mense in die beesbedryf kan misloop. Die verrigtinge begin op Dinsdag 14 Maart vir stoettelers met die kommunikasie-oggend en jaarvergadering. Dié verrigtinge is slegs vir telers.

Daarna vind die nasionale veiling se “Kyk Weer” plaas, waar daar besigtiging van die diere op aanbod is, asook ’n geleentheid om te sien hoe streng Bonsmara SA sy rasstandaarde ag. Alle belangstellendes kan dit bywoon.

Op Woensdag 15 Maart begin die Rooi Ras-verrigtinge om 08:30 by die Stonehenge River Lodge op Parys. Dr. Frans Cronjé gaan lig werp op wat Suid-Afrikaners van die politieke landskap kan verwag. Is Suid-Afrika dalk besig om ’n keerpunt te bereik?

Die oggend word afgesluit met ’n motiveringspraatjie van mnr. Braam Malherbe, ’n avonturier wat al verskeie veeleisende avonture aangepak en voltooi het. In tye met soveel onsekerhede kan almal krag en hoop uit sy praatjie put.

Daarna word na die Afridome op Parys beweeg, waar die veiling om 12:00 sal begin. Dit is ’n hoogtepunt op die veilingskalender, want dit bied kopers die geleentheid om uitsoek- teelmateriaal van kuddes reg oor Suid-Afrika op een plek te bekom. Die aanbod sal weer slegs vroulike diere wees.

Met 105 produksieveilings jaarliks is daar genoeg plekke waar belangstellendes die beste bulle in hul omgewing kan koop. Hierdie uitstekende vroulike diere stel die maatstaf vir funksionele, doeltreffend aangepaste Bonsmaras. Bonsmara SA nooi almal om die verrigtinge by te woon en mee te doen in die fees om ’n Bonsmara-boer te wees.

Program vir 15 Maart

08:30: Rooi Ras-geleent- heid, Stonehenge River Lodge, Parys

12:00: Bonsmara SA se nasionale veiling, Afridome, Parys

Navrae:
Mnr. Louis Steyl, e-pos: louis@bonsmara.co.za 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.49
-0.4%
Rand - Pond
22.55
-0.8%
Rand - Euro
19.75
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-1.4%
Platinum
979.35
+1.1%
Palladium
1,410.29
-0.1%
Goud
1,986.05
-0.2%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
67,970
+1.5%
Alle aandele
73,445
+1.3%
Hulpbronne 10
65,070
+3.5%
Industriële 25
98,498
+1.5%
Finansiële 15
14,895
-1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Versigtiger
Is n buite mens, lief vir die berge en dale. Hou van plekke ontdek en te ervaar. Maar geniet ook n huislike omgewing.
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot