AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Bonsmara-telers raap toekennings op

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vir Bonsmara-telers is die hoofdoelwit van teling om te verseker dat vir aangepaste, funksioneel doeltreffende diere geselekteer word.

As ’n mens egter na die onlangse 2022 Logix-Elite-vleisbeestoekennings kyk, kan ’n mens sien dat die Bonsmara-telers se gebruik van die Bonsmara-stelsel nie net selekteer vir aangepaste diere nie, maar ook vir diere wat op genetiese vlak aan die voorpunt van die bedryf staan.

Bonsmara-telers het in nege van die twaalf streke koning gekraai.

Die nege streke waar Bonsmara-telers gewen het, is:

Oos-Vrystaat – Zinabos Bonsmaras, Fourie Scheepers.

Wes-Vrystaat – Thuso Graan, Thabo van Zyl.

Noordwes – Kalkveld Bonsmaras, Hannes van den Berg.

Noord-Kaap – Marochel Bonsmaras, Charl Uys.

Oos-Kaap – Disco Bonsmaras, Boeram Venter.

Mpumalanga – Syferfontein Bonsmaras, Nico Pieterse.

Gauteng – Le Fre Bonsmaras, Frik Venter.

Namibië – Hartebeestloop Bonsmaras, Joggie Briedenhann.

Hierdie uitstekende prestasies berus nie slegs op goeie bestuur nie, maar ook op uitmuntende teelmateriaal binne ’n kudde.

Bonsmara-telers het die Elite-toekennings oorheers met 5 platinum kuddes, 8 dubbelgoue toekennings, 56 goue toekennings, 45 silwer toekennings en 44 brons toekennings.

Bonsmara-telers het met die uitmuntende prestasies bewys dat hulle deurentyd daarop toegespits is om ’n verbeterde produk op die mark te sit wat vir die kommersiële produsent se behoeftes geselekteer is.

SA Stamboek se toekennings konsentreer daarop om kuddes te identifiseer wat die eienskappe het om ’n opbouende bydrae tot die veebedryf van Suid-Afrika te lewer. Twee van hierdie eienskappe is aanpasbaarheid en moedereienskappe. 

Veldaanpasbaarheid

Die Bonsmara beskik oor veldaanpasbaarheid vir produksie teen laer koste van die veld af. Die Bonsmara-telersgenootskap was die eerste genootskap wat prestasietoetsing verpligtend gemaak het. Alle diere word voor teelouderdom gekeur. Diere wat swak veldaanpasbaarheid toon, word afgekeur.

Enige dier met strukturele gebreke of diere wat funksioneel ondoeltreffend vertoon, word afgekeur. Die Bonsmara het reeds sy aanpasbaarheid bewys deurdat hy wydverspreid voorkom – nie slegs in Suid-Afrika nie, maar ook wêreldwyd. Bonsmara-telersgenootskappe is reeds in Namibië, Argentinië en Brasilië gestig, wat ’n bewys is dat dié diere in enige omgewing kan aanpas – van droë dele tot gebiede met ’n gemiddelde reënval van meer as 1 500 mm per jaar.

Goeie moedereienskappe

Dit is vir kommersiële produsente uiters belangrik dat hul koeie oor goeie moedereienskappe beskik. Hulle kan nie bekostig om koeie te hê wat nie op hul eie kan kalf en dan ook ’n kalf kan grootmaak nie. Die koei moet ook in dié proses weer terug in produksie kom sodat sy weer kan dragtig raak. Die Bonsmara se groot nasionale kommersiële kudde is ’n duidelike bewys dat dit ’n ras is wat goeie moedereienskappe het, en dat koeie met lae onderhoud die norm is.

Goeie moedereienskappe sluit die volgende in:

Vroeë puberteit. Die Bonsmara groei vinnig en verse word gepaar wanneer hulle 12 tot 18 maande oud is.

Kalf met gemak. Bonsmaras is bekend om hul geboortegemak, wat tot groot voordeel is vir kruisteling.

Puik vrugbaarheid. ’n Voortreflike eienskap wat deur streng seleksiestandaarde behou word.

Voldoende melk. Hoë speengewigte word danksy goeie melkproduksie behaal.

Min vrektes. 

Bonsmara-telers het weereens in 2022 bewys dat Bonsmara “Die ras vir alle redes” is en dat hierdie eg Suid-Afrikaanse ras die leier in die bedryf is.

Navrae:
Besoek gerus die Bonsmara-webwerf by www.bonsmara.co.za vir nog inligting.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot