AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boran kraai koning op slagos-kompetisie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dié slagosse van mnr. Danie Strydom is op pad na die slagpale tydens die slagosinterraskompetisie van die RPO.
Dié slagosse van mnr. Danie Strydom is op pad na die slagpale tydens die slagosinterraskompetisie van die RPO.
Die Boran-ras het eiesoortige eienskappe wat ’n beesboerdery se winsgewendheid aanhelp. In die geval van die Jabea-stoetery bring dit hom ook ’n prys in die sak.

Slagosgehalte is vir die Boran-beestelersgenootskap ’n belangrike aspek om ’n winsgewende beesboerdery te vestig en om doeltreffend met dié ras te boer. Dat sy slagosse van die beste in Suid-Afrika is, is vanjaar bewys toe mnr. Danie Strydom van die Jabea Boran-stoetery, naby Kroonstad, die enkelkarkasafdeling en die beste groep van vier karkasse op die slagos-interraskompetisie van die Rooivleisprodusente- organisasie (RPO) gewen het.

Dit is die tweede keer in die bestaan van die kompetisie by die Alfa-ekspo dat die Boran- ras die interrasafdeling wen.

Só werk kompetisie 

Al die vleisbeesrasse het die geleentheid om aan die interraskompetisie deel te neem. Tydens die kompetisie neem telers hul diere direk van die plaas na enige van die 12 voorgestelde abattoirs in die nege provinsies om te slag. Wenners word dan per abattoir, provinsie, ras en nasionaal in die afdelings vir enkelkarkas en beste groep van vier karkasse aangewys.

Die kompetisie vind volgens die reëls van die Suid-Afrikaanse vleisbedryfsmaatskappy (Samic) plaas. Spesiale vergunning is gegee om ’n superosklas (karkasse swaarder as 300 kg) in te stel sodat laatryprasse op gelyke voet kan deelneem. Karkaskonformasie- en vetverspreidingstandaarde (ook volgens Samic-standaarde) is toegepas.

Die gewigsbeperking vir die normale karkaskompetisie was 290 kg-karkasgewig. Die osse moes ongewissel wees (A2-A3) en die beste van drie in die groep van vier se punte is gebruik.

Dié Borans blink uit

Drie van Strydom se karkasse het A2 uitgeslag met ’n gemiddelde gewig van 243,33 kg. Een karkas het A3 uitgeslag met ’n gewig van 312 kg (sien tabel). Omdat die gewigsbeperking vir die normale karkaskompetisie 290 kg was, het hierdie spesifieke karkas dus nie vir die karkasafdeling in aanmerking gekom nie, maar wel vir die interraskompetisie.

Strydom het in 2010 vir die eerste keer met die Boran kennis gemaak. Hy sê sy keuse het op dié ras geval danksy die kleiner koeie wat lae onderhoud verg, jaarliks kalwers produseer en ’n goeie wins lewer. Hy wou spesifiek met ’n ras boer wat sy boerdery volhoubaarder maak.

Die Boran is ’n mediumgrootte vleisbeesras, wat beteken Strydom kan meer koeie op ’n kleiner oppervlakte aanhou as wanneer hy met ’n grootraamras sou boer. Al Strydom se bulle ondergaan veld- en voeromsettingstoetse, waarna ongeveer 25% daarna vir teling gebruik word. Ná die veld- en voeromsettingstoetse is die bulle gereed vir bloktoetse.

Hy het dus nie nodig gehad om spesiaal vir die karkaskompetisie te voer nie. Volgens Strydom glo hy in die regte teelbeleid, asook die Boran se vermoë om op die veld uit te groei. “Die Boran se goeie bespiering maak hom ’n uitblinker.” Vir hom doen die genootskap se slagspreuk: “God’s gift to cattleman” die ras gestand. Die moeders van Strydom se wenbulkalwers het die kalwers self gespeen.

Die kalwers het verlede somer in ’n trop geloop. Daarna is hulle na groen somerveld met ’n produksielek geskuif. In Mei en Junie het hulle 1% van hul liggaamsgewig van ’n fase D-bulrantsoen op natuurlike weiding ontvang. Ongeveer 65 dae voor die beoogde slagdatum is hulle op die veld met ’n volvoerrantsoen gevoer. Die laaste 65 dae was die inname 2% van hul liggaamsgewig. Hulle is op 20 maande geslag voordat hulle gewissel het.

Van die Borans wat op die produksieveiling van mnr. Danie Strydom in Februarie volgende jaar aangebied gaan word. Sy Borans het vanjaar op die slagos-interraskompetisie van die RPO met die louere weggestap. Foto: Verskaf
Dié dam voorsien deur die jaar groenvoer aan die Jabea Boranstoetery naby Kroonstad en help baie om die diere goedkoop af te rond. Foto: Verskaf

Wenners se eienskappe

Die Boran-beestelersgenootskap sê hierdie prestasie is net nog ’n bewys van die ras se uitstekende en unieke eienskappe. Kenmerke wat uitstaan, is: ¦ Uitstekende keuse vir kruisteling en as moederlyn. ¦ Basterkrag word ten volle benut uit hierdie ideale moederlyn. ¦ Doeltreffende omsetting van swakgehalte-ruvoer in kilogramme vleis. ¦ Vroeë volwassenheid, hoogs aanpasbaar, gehard, langlewend en bied uitstekend weerstand teen bosluisverwante siektes. ¦ Goeie temperament met ’n sterk kudde-instink.

Hierdie Afrika-Zeburas is goed aangepas in Suid-Afrika se moeilike omgewings- en klimaatstoestande en funksioneer doeltreffend in uiterste toestande. Vir die genootskap is hierdie kompetisie weer eens ’n bewys dat die ras sy plek in die beesbedryf vol staan. Die genootskap meen die Boran is die pad vorentoe vir die boer wat sy beesboerdery suksesvol wil maak.

Die telersgenootskap en ondersteuners van die ras is trots op die Jabea Boran-stoetery en die bydrae wat Strydom tot die ras lewer. Strydom hou sy tweede produksieveiling op 19 Februarie 2022 by Kroonboma, Kroonstad.

Mnr. Danie Strydom (derde van links) ontvang sy prys as wenner van die RPO se slagos-interraskompetisie. By hom is, van links, mnre. Zippo Lamprecht (raadslid van die Boran-beestelersgenootskap), Jan Hendrik Liebenberg (ondervoorsitter van die RPO Vrystaat), me. Chrissie Strydom, mnr. Christopher Havenga (tegniese adviseur van die Boran-beestelersgenootskap) en mnr. Albert Loubser (Alfa-ekspo). Foto: Johan Norval

Navrae:
Me. Yolanda Venter, bestuurder van die Boran-beestelersgenootskap, 051 410 0961, e-pos: yolandav@boran.org.za; mnr. Danie Strydom, 082 410 3455, e-pos: strydomdaan@gmail.com

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.75
-0.7%
Rand - Pond
20.14
+0.4%
Rand - Euro
17.57
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.56
-0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,718.05
-0.5%
Silwer
20.71
-1.7%
Palladium
2,258.14
-2.8%
Platinum
925.50
-0.9%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot