
In die strewe na die doel om genomies verbeterde teelwaardes (GEBV’s) vir die Brahman in Suider-Afrika (Namibië en Suid-Afrika) te begin, het die ras ’n goeie aantal inligtingsrekords opgelewer.
Prestasietoetsing op die plaas verbeter steeds. Die volledigheid van prestasie program, verskaf deur Breedplan, is ’n hulpmiddel wat die hoeveelheid inligting meet wat deur ’n teler ingedien word. Vir SA Brahman is die ontwykende vyfster-toekenning (wat totale toetsing impliseer) deur een teler behaal. Ter wille van perspektief: Vyf jaar gelede was die hoogste telling 3,5 sterre. In hierdie tydperk is drie bykomende eienskappe vir die Brahman ontwikkel en gepubliseer, naamlik dae tot kalwing, makheid en netto voerinname.
Residuele voerinname-toetse (RVI) en vleisgehalte-toetse word toenemend uitgevoer, aangesien die bedryf se klem verskuif na doeltreffender diere wat ’n beter gehalte vleis lewer. SA Brahman is sedert Maart 2020 in staat om teelwaardes vir netto voerinname te publiseer. Dit was ’n beskeie begin, met slegs 2 664 rekords wat in die aanvanklike ontleding gebruik is, maar seleksie is reeds moontlik as jy ’n vaar soek om ’n doeltreffender nageslag te produseer.
Vir vleisgehalte is Brahman steeds besig om genoeg rekords te bekom om met die produksie van teelwaardes te begin. Tans is altesame 284 rekords beskikbaar. Hierdie proses is stadig en duur, maar die belofte om van die mites rondom Brahman-beesvleis uit te roei maak dit die moeite werd vir alle Brahman-produsente.
Die laaste stukkie inligting wat nodig is om die doel te bereik, is natuurlik genoeg genotipes om die Brahman-verwysingspopulasie te voltooi, wat op sy beurt die aanvang van die produksie van genomies verbeterde teelwaardes moontlik sal maak. Tans het Suider-Afrikaanse Brahman daarin geslaag om meer as 2 000 genotipes op te bou, wat reeds op die ILR-stelsel gehou word. Binnekort sal die genootskap sy versoek tot Breedplan kan rig vir die aanvang van proef- genomies verbeterde teelwaardes.
Brahman-opleiding het alledaags geword. Die covid-19-pandemie het die genootskap geleer dat opleiding nie beperk hoef te word tot fisieke byeenkomste nie. Teen einde 2020 het SA Brahman opleidingsessies via Zoom begin aanbied en aanbiedings van nasionale en internasionale kundiges oor verskeie onderwerpe geniet. Die normale opleidingskursusse – inligtingsdae wat deur genootskapbeamptes en individuele telers aangebied word – lok steeds groot belangstelling uit, tot so ver as van Botswana.
Brahman-lewe in die algemeen
Ten spyte van terugslae en moeilike situasies bied Brahman-telers veilings aan, stel hulle hul diere ten toon en geniet hulle dit wat hulle die beste doen. Kortom, Brahman-lewe is goed!
Facebook-blad: https://www.facebook.com/BrahmanSouthAfrica/