
Die uitbreek van die oorlog tussen Rusland en Oekraine het almal se besighede en lewens drasties geraak met veral drastiese stygings in die pryse van brandstof en kos. Daarmee saam was daar verskeie ontwrigtings op plaaslike vlak, veral met die verskaffing van elektrisiteit en water. Om dit alles te kroon, ervaar Suid-Afrika tans politieke onstabiliteit weens die skandaal waarby die Suid-Afrikaanse president betrokke is.
Almal het egter ’n keuse: Jy kan toelaat dat al hierdie gebeure jou pessimisties stem en jou hoop laat vervaag, of jy pak dit aan soos ’n kampioen.
Arthur Ashe, een van die toptennisspelers in die 1960’s en 1970’s, het die volgende raad gehad vir mense wat wil dink en optree soos ’n kampioen:
“Begin waar jy is. Gebruik wat jy het. Doen wat jy kan.”
“Suid-Afrikaners is bekend vir hul kampioen-ingesteldheid; hul houding dat niks in die lewe hulle sal onderkry nie. Ek verkies hierdie houding, en ek waardeer dit van elke mens wat só dink en doen,” sê PG Strauss, besturende direkteur van die VKB-groep.
“Ek wil daarom ons produsente en kliënte salueer vir hul kampioen-ingesteldheid en julle bedank vir jul volgehoue ondersteuning tot VKB. Ons lig ons hoed vir elkeen van julle. Sonder jul besigheid het VKB nie ’n bestaansrede nie.
“Ons wens julle ’n baie geseënde Christusfees toe en ons bid dat julle ’n voorspoedige 2023 sal beleef. Mag julle elke gebeurtenis in 2023 aanpak en oorwin soos ’n ware kampioen.
“In Christus is ons almal kampioene. Seën vir julle.”