AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Die belangrikheid van plantvoorbereiding

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Dis byna daardie tyd van die jaar dat al die boere hul grond gereed maak vir plant vir die komende seisoen. Met optimale voorbereiding vir planttyd word gekonsentreer op twee hooffaktore, naamlik bemesting en die voorbereiding van ’n goeie saadbedding, wat albei uiters belangrik is.

Die voordeel van ’n korrekte bemestingsprogram

In die boerderypraktyk word dit jaar ná jaar al hoe belangriker om daarop te konsentreer om die regte bemestingsprogram te volg. Dit is noodsaaklik dat hierdie plan jou eie spesifieke grondbehoeftes in ag neem.

Boere voel soms of hulle ’n plafon bereik het wat opbrengste betref. Om deur hierdie plafon te breek, moet hulle daarop konsentreer om voedingstowwe akkuraat te plaas om op lang termyn die potensiaal van die grond te verhoog.

Dit is nie die oplossing om elke jaar net meer te bemes is nie, want oorbemesting het net soveel ongunstige effekte op die plantontwikkeling en opbrengste soos wat onderbemesting kan hê. Deur die korrek berekende bemestingsprogram te volg, sal die elementverhoudings in die grond herstel word en sodoende word die grondpotensiaal verhoog.

Figuur 1: Mulder se grafiek

Die Mulder se grafiek (Mulder’s Chart) gee ’n duidelike uiteensetting van hoe belangrik die elementverhoudings in die grond is. Die oormaat van ’n spesifieke element kan ’n ander element te onderdruk en terselfdertyd kan is dit ook duidelik hoe party elemente weer die beskikbaarheid van ander elemente aanhelp.

Goeie saadbeddingvoorbereiding

In ’n goed voorbereide saadbedding is die grond:

  • Poreus genoeg om water te laat deurdring en sodoende goeie dreinering te handhaaf;
  • Ferm genoeg om soveel as moontlik vog te behou vir die ontkiemingsproses;
  • Gelyk genoeg om die egaligheid van optimale plantdiepte te verseker.
’n Illustrasie wat klem lê op die effek van saadbeddingvoorbereiding.
 

Sodra imbibisie plaasvind, is dit belangrik dat die saad nie kort daarna weer uitdroog nie. Dit sal lei tot swak opkoms en die pas ontkiemde plantjie staan ’n groot kans tot vroeë afsterwing. Daarom is die drie bogenoemde hoofpunte belangrik om voldoende beskikbare vog vir die tydperk te verseker.

Die optimale saadbedding sal poreus genoeg wees om die mesokotiel in staat te stel om die plumula bo die grond uit te stoot, terselfdertyd sal dit ook ferm genoeg wees om onnodige vogverlies te voorkom.

Goeie voorbereiding vir planttyd is belangrik. Deur net die twee basiese beginsels van ’n korrekte bemestingsprogram en goeie saadbeddingvoorbereiding te volg, skop jy reeds die plantseisoen op ’n goeie voet af.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot