AFGRI
BEAN
01 Feb
-
9790
-69,00
CORN
01 Feb
-
4566
-91,00
SOYA
01 Feb
-
9580,2
-19,80
SUNS
01 Feb
-
11295
265,00
WEAT
01 Feb
-
6770
-12,00
WMAZ
01 Feb
-
4360
-80,00
YMAZ
01 Feb
-
4440
-81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Dié ras het alles wat die boer wil hê

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Droughtmaster se moedereienskappe en geboortegemak is slegs twee van talle eienskappe wat dié ras vir mnr. Johan Strydom aanloklik gemaak het. Foto: Verskaf
Die Droughtmaster se moedereienskappe en geboortegemak is slegs twee van talle eienskappe wat dié ras vir mnr. Johan Strydom aanloklik gemaak het. Foto: Verskaf
Sy soeke na die regte ras vir sy omstandighede het hierdie boer by die Droughtmaster uitgebring.

Vrugbaarheid, ge-hardheid, goeie temperament, ge-boortegemak, voldoende melk, uitstekende moedereienskap­pe en swaar speenkalwers. Dié eienskappe maak van die Droughtmaster ’n medium­raam-, omgewingsaangepaste dier wat funksioneel doeltref­fend is. Dit is waarom mnr. Johan en me. Sunette Strydom van Potchefstroom in Noord­wes op dié ras besluit het toe hulle hul SJS Droughtmas­ter-stoetery begin het.  

“Ek is heeltyds in diens by ’n finansiële instelling as pro­vinsiale landboubestuurder. Deeltydse boerdery het unieke struikelblokke en ons het ge­soek na ’n funksionele ras wat omgewingsaangepas is en wat by ons boerdery- en besigheids­omstandighede kon inpas. Temperament en geboortege­mak is baie belangrik in sulke omstandighede,” sê Strydom, wat op huurgrond en op sy eie plaas, Witkoppiesfontein, net buite die dorp boer.  

Sy soeke na die regte ras het reeds in 2010 begin toe hy betrokke geraak het by Vet­vee-skoubeoordeling.  

“Dit het my die geleentheid gegee om die verskillende rasse te sien en te besluit waarvan ek hou. Deur my werk besoek ek   ook heelwat boere en het gou agtergekom kommersiële boe­re verkies ’n omgewingsaange­paste dier met hoë vrugbaar­heid, ’n goeie temperament en moedereienskappe, en wat min aandag verg. Sy moet ook elke jaar vir hom ’n swaar speenkalf speen.”  

Vir koeidoeltreffendheid word daarna gestreef dat ’n koei elke jaar 50% van haar liggaamsgewig moet speen. Dié doelwit is haalbaar met Droughtmaster en baie van die diere presteer baie beter as die doelwit.  

Waar dit begin het

Strydom het ernstig na die Droughtmaster begin kyk toe sy pad in 2012 met dié van mnr. Johan van der Nest en sy Con­siderata-stoetery gekruis het.

 “Sy beeste het my dadelik beïndruk. Ek het hom daarna nog ’n paar keer besoek en in 2012 vir die eerste keer sy veiling bygewoon. Die bulle se kapasiteit en eenvormigheid, asook die eenvormigheid van die kalwers wat op die erfdwang van die ras dui, het my beïndruk. Ek het besef die Droughtmaster is die ras waar­na ek gesoek het.”  

In 2013 het Strydom die eer­ste keer Droughtmaster-semen by sy Limousin-kruiskoeie ge­bruik. Dit was toe reeds die ge­bruik in die kommersiële kud­de om 50 tot 60 koeie per jaar te sinchroniseer en kunsmatig te insemineer (KI).  In 2014 is ’n embrio-transaksie op ’n deelgrondslag deur Considerata aangebied. Volgens die ooreenkoms kon Strydom die helfte van die kalwers hou. Uit hierdie oor­spronklike embrioprogram is twee verse en drie bulle bekom.  

“Ek het met twee van die bulle geteel totdat ek hulle in 2021 en 2022 onderskeidelik verkoop het. Die bulle het ’n groot impak op die kudde ge­had. Die twee embriokoeie is steeds in die kudde en deel van die embrioprogram. Ek het ook aangehou met KI en in 2019 ernstig begin met ’n in­tensiewe embrioprogram.  

“Ek gradeer my kommersiële kudde op met die gebruik van stoetbulle en geselekteerde bulle se semen. In hierdie sta­dium probeer ek om minstens 50 embrio’s per jaar in te plant en met die beste beskikbare semen KI te laat doen op alle verse wat ek hou. Ons gebruik Invitro Africa vir die em­brio-spoelings en inplantings.”  

Die Droughtmaster-kud­de bestaan tans uit 130 diere wat stoet- en aanhangseldiere insluit.  

“Omdat die ras só goed aangepas is, bespaar ’n boer op algemene insetkoste in die beesboerdery. Voerkrale se vraag na Droughtmaster-kal­wers en -kruiskalwers oorskry die vraag by verre. Ons het oor ’n lang tydperk ook goeie teelmateriaal van Considerata SA-kudde bekom.”  

Die jaarlikse Droughtmaster Genetic Exchange-veiling word op 20 Augustus om 11:00 by die Afridome op Parys gehou. Daar sal 25 koeie en verse, drag­tig of met kalf, ses stoetbulle, asook semen en embrio’s op die veiling beskikbaar wees.   

Navrae:
SJS Strydom-stoetery, mnr. Johan Strydom, johanstrydom63@gmail.com; Africa Droughtmaster-genootskap, web: droughtmasterafrica.co.za.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.27
+0.8%
Rand - Pond
21.30
+0.6%
Rand - Euro
18.82
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.23
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Platinum
1,006.31
-0.6%
Palladium
1,687.13
+2.4%
Goud
1,931.99
+0.2%
Silwer
23.62
-0.5%
Brent-ruolie
85.46
+1.1%
Top-40
73,674
+0.3%
Alle aandele
79,732
+0.3%
Hulpbronne 10
75,353
-0.6%
Industriële 25
102,535
+0.2%
Finansiële 15
16,425
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot