AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Die sprokie van ’n sleepwa-ou

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Tobie Venter het 21 jaar gelede die pad na sy droom begin stap met die stigting van Vtec Trailers. Vandag is dit ’n suksesverhaal. FOTO: VERSKAF
Mnr. Tobie Venter het 21 jaar gelede die pad na sy droom begin stap met die stigting van Vtec Trailers. Vandag is dit ’n suksesverhaal. FOTO: VERSKAF
Vtec Trailers vier vanjaar sy 21ste bestaansjaar. Deur die jare het dié besigheid gegroei van ’n klein begin tot ’n reuse-sukses. Hier is sy storie . . .

Eendag op ’n reëndag was daar ’n sleepwa-ou. Hy het baie ysters in die vuur gehad, maar om sleepwaens te verkoop, was sy heel gunsteling. Dit was in die dae toe selfone het nog oopgeklap en sosiale media uit die geelbladsye bestaan het.

Tussen al sy ysters deur het hy gedroom om sy voetspore in die wêreld te los en ’n verskil te maak waar hy gaan. Maar hoe doen ’n mens dit nou deur sleepwaens te verkoop? Daarom het hy dag in en dag uit planne gemaak. Hy het advertensies uitgedink. Nuwe waentjies ontwerp. By skoue geskou. Hy was ook ’n gekwalifiseerde onderwyser. Hy het hier en daar het hy ekstra klasse gegee, kinders oor die wêreld geleer en só die pot – en sy drome – aan die kook gehou.

Stadig, maar seker het die wêreld begin verander. Selfone het kameras gekry en ’n mens kon boodskappe stuur wat langer as 160 karakters is. Die geelbladsye het vervaag en ons kon met ál meer mense op ’n daaglikse basis praat.

’n Paar jaar lank skop hierdie sleepwa-ou vas teen die nuwe tegnologie, sy rooi Samsung met die rubber knoppies is taai genoeg om enige dag op kantoor te oorleef. Nogtans bou hy meer en meer sleepwaens – beter, mooier, groter, sterker. Hy verskuif sy klem.

Kliënte begin praat. Kliënte begin verwys. Kliënte begin terugkom.

Uiteindelik sien hy hoe hierdie sprokie begin kleur kry. Hy verruil die rooi Samsung vir ’n geharde CAT-foon. Hy begin die wêreld van internetmedia verken. Advertensies ontwikkel in volkleurmeesterstukke. Dan ’n webblad. En uiteindelik raak die wêreld een deur sosiale media. Hy verruil sy CAT vir ’n regte foon. Sy drome kry vlerke.

Kliënte raak agente. Agente raak vriende. Vriende raak familie.

Hoe groter die wêreld van die internet raak, hoe sterker smee hy sy bande met die mense naby aan hom. Sonder dat hy besef leef hy sy droom, los diep voetspore en maak ’n verskil oral waar hy gaan. En 21 jaar later ontdek hierdie sleepwa-ou, ongeag hoe die einde van hierdie sprokie gaan wees, het hy reeds sy gelukkig einde geskryf.

Vtec Trailers en mnr. Tobie Venter, ons wens julle geluk met 21 suksesvolle jare in die bedryf. Ons erken die verskil wat hierdie maatskappy in die Vaaldriehoek na Suid-Afrika gemaak het en bid julle voorspoed toe! 

Navrae:
Vtec Trailers, web: www.sleepwa.co.za
 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot