AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Dié stelsel gee ’n boer oë op sy plaas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met FieldView kan die boer die vordering wat in sy lande gemaak word dop te hou.
Met FieldView kan die boer die vordering wat in sy lande gemaak word dop te hou.
Met FieldView kan ’n boer dophou wat in sy lande gebeur, al is hy nie self agter die trekker se stuur nie.

Vir mnr. Louis Opperman, van Danlohan-boerdery by Bapsfontein in Gauteng, speel FieldView ’n belangrike rol tydens voorbereiding vir planttyd. Dit help hom met sy besluitneming oor van kultivarkeuse tot bemestingbestuur.

Mnr. Stephan Janse van Rensburg, Bayer se digitale en klimaatsbestuurder vir Afrika, het saam met die Landbouweekliks-span dié boerdery tydens die voorbereiding vir planttyd besoek om uit te vind hoe FieldView help met dié proses.

Met hul aankoms op die plaas was Opperman reeds besig met kalktoediening, regstellings en die uitgooi van voorplantkunsmis sodat die grondvoeding reg is vir wanneer dit reën en hy kan begin plant.

“FieldView is tydens hierdie proses vir ons ’n waardevolle stesel. Dit help ons met ons keuses – van kultivars tot die kunsmis wat ons toedien. Die data wat ons van een seisoen na die volgende gebruik, help ons om goeie besluite te neem,” sê Opperman.

Een van die kenmerke van FieldView is die stelsel se veelsydigheid.

Bayer
Mnr. Stephan Janse van Rensburg, Bayer se digitale en klimaatsbestuurder vir Afrika.

“FieldView werk op enigiets met  Isobus-integrasie. Jy konnekteer dit en stel alles op jou iPad op deur op jou Cab-toepassing te gaan. Daar klik jy op ‘Equipment’ en kies dan ‘Add new equipment’. Dis baie eenvoudig,” verduidelik Janse van Rensburg.

Opperman beaam dat dit maklik is om te gebruik. “As jy met ’n slimfoon kan werk, kan jy FieldView gebruik.”

Sodra dit gedoen is, vul jy die werktuig se spesifikasies in. Nadat alles gelaai is, klim jy in jou trekker, kies jou toepassing en FieldView vang die data vas soos jy ry.

Vir Opperman is dit lekker om in die kajuit presies die verskillende vlakke van toediening te sien.

“Jy kan dadelik sien as daar fout is op jou toepassing. Dit wys nie die regte kleur nie en jy weet dus die korrekte hoeveelhede is nie gelewer nie. Ek vind ook dat die stelsel baie akkuraat is.”

FieldView het ook ’n opsie wat dit vir die boer moontlik maak om die vordering oor ’n afstand dop te hou. Deur hierdie opsie te gebruik word dit wat in die trekker wys, gedupliseer op die boer se iPad-skerm. Hy kan sodoende sien wat die spoed is waarteen gery word, wat toegedien word en teen watter tempo. Indien daar fout gaan en die trekker staan stil, sal die boer dit ook kan sien.

FieldView is ’n veelsydige stelsel wat op verskillende werktuie toegepas kan word en maklik om op te stel. Dit maak dit vir die boer moontlik om op enige plek te wees waar daar ’n sein is en steeds presies te sien wat op sy plaas aangaan.

Navrae:
FieldView, webblad: www.climate.com
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot