AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Ekonomie van kudde lê in vrugbaarheid

akkreditasie
Nadat dié boer haar pa se boerdery oorgeneem het, het sy met die ondersteuning van geliefdes en die Bonsmara-beestelersgenootskap gefloreer.

Reeds drie jaar is me. Estelle de Kock aan die stuur van Hansu Bonsmara-stoetery op die plaas Palmietfontein in die distrik Ventersdorp. Haar pa, Hansie, was die oorspronklike eienaar, maar sy het die boerdery oorgeneem nadat hy oorlede is.

Sy sê die kudde is in 1979 as ’n stoetery geregistreer. “My pa het verskeie toekennings met hierdie kudde verwerf. Hy is onder meer 14 jaar opeenvolgend aangewys as platinum streekswenner deur die Landbounavorsingsraad en Stamboek SA. In 2020 het ons brons en 2021 silwer toekennings verwerf. In 2022 is ons optimisties, en mik ons vir goud, en hou duim vas. Alles gebeur tog met die genade van Bo.”

Voordat sy die plaas oorgeneem het, was De Kock ’n apteker en het sy nog nooit geboer nie. 

Ondersteuning

“Ons kinders wou nie graag my pa se harde werk tot niet laat gaan nie. Gevolglik het die familie besluit dat ek logisties die beste persoon is om aan te hou met die stoetery. Ek is in diep waters gegooi en moes vinnig leer swem.

“Daar was ander boere wat gedink het ek sal dit nie maak nie, maar my Skepper, wat ook hierdie pad vir my beplan het, was elke tree saam met my. Ek het ’n wonderlike man wat my bystaan, ’n hardwerkende plaasbestuurder en ’n familie wat my ondersteun.”

De Kock sê sy is uiters dankbaar om met Bonsmaras te kan boer. Die ras is baie goed aangepas.

“Die ras se vleis is van topgehalte met nét die regte marmering. Die speenkalwers se gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) is hoog en dus aanloklik vir voerkrale. Die ras en veral ons kudde se temperament en vrugbaarheid is uitstekend. 

“Soms kan kliënte nie glo hoe mak ons bulle is nie. Verder is die ondersteuning wat ek van die Bonsmara SA-beestelersgenootskap af kry ongelooflik. Die genootskap het my van die begin af bygestaan met raad en hulp, en bied kursusse aan vir kommersiële boere en junior keurders, wat my baie gehelp het.”

Dekseisoen

Daar kalf jaarliks ongeveer 400 koeie. Sy handhaaf twee dekseisoene, van Junie tot Augustus en weer van Desember tot Februarie.

Hansu Bonsmara-stoetery handhaaf ’n gemiddelde tussenkalfperiode (TKP) van 395 dae. “Ons het wel kalfprobleme ervaar weens miostatien-homosigotiese diere. Tans gebruik ons hoofsaaklik bulle wat nie die miostatien-geen dra nie, en bestuur die gebruik van miostatien-heterosigotiese bulle versigtig.”

Wanneer dit kom by seleksie, is geboortegemak, groei, koeidoeltreffendheid en vrugbaarheid vir De Kock baie belangrik.

Onderhoud

Bonsmara-beeste kom reg oor Suid-Afrika voor en pas gemaklik in bykans enige omgewing aan. 

“Dit bewys dus dat die ras min onderhoud verg. Doserings vorm wel deel van ons immuniseringsprogram. Kalwers word voor speen en ná speen gedoseer.”

Die ekonomie van die ras lê vir De Kock in die koeidoeltreffendheid, vrugbaarheid en GDT van die speenkalwers. “Ons speen op gemiddeld 7-8 maande ouderdom met ’n gemiddelde speengewig van 240 kg – direk van die veld af.”

Die beeste wei op natuurlike weiding, en hulle kry lekke as aanvulling. 

Die stoetery word gemeet aan die volgende waardes en is vir De Kock dus baie belangrik.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot