
VIP Steel Construction rig al die afgelope 25 jaar staalstrukture op plase of sakepersele reg oor Suid-Afrika op, of verskaf die staal daarvoor. Hy is ’n Trots Suid-Afrikaans maatskappy wat daarop gerig is om goeie diens en bekostigbare pryse aan boere en ondernemings te bied. Sy uitstekende vakmanskap is iets waarop hy baie trots is. Die maatskappy konsentreer veral daarop om boere te help om hul onderneming te laat groei. Sowat 90% van die skure wat hy verkoop, is aan boere, wat die bekostigbaarheid en goeie gehalte van die produkte loof.
VIP Steel Construction is in 1998 deur mnr. Piet Bezuidenhout begin. Dit is ’n
familie-onderneming met Piet se seun, Jan, en dogter, Jumarie, wat ook al
langer as 20 jaar as direkteure by die onderneming betrokke is. Hulle
konsentreer daarop om kliënte die beste moontlike raad en diens te gee, en sorg
dat elke kliënt die volle aandag geniet wat hom toekom. Advertensie vir hul
werk is dus dikwels die getuigskrif van ’n tevrede kliënt. Die maatskappy het
’n baie groot kliëntelys – van kleinboere tot megaboere – aan wie hy ’n
verskeidenheid staalprodukte verkoop of vir wie hy volledige strukture oprig.