AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Goeie moedereienskappe gee deurslag in dié kudde

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Bloemendal Bonsmara-stoetery se beeste presteer uitstekend onder natuurlike omstandighede. FOTO: VERSKAF
Die Bloemendal Bonsmara-stoetery se beeste presteer uitstekend onder natuurlike omstandighede. FOTO: VERSKAF
Vir mnr. Chris Krugell is die waarde van sy Bonsmara-kudde opgesluit in die vermoë van dié ras se koeie om te produseer.

By Bloemendal Bonsmaras probeer hulle om so na as moontlik met die natuur saam te werk en die dekseisoene en weidingsprogramme word fyn daarvolgens beplan. “Ons het byvoorbeeld net ’n somerdekseisoen,” sê mnr. Chris Krugell, wat dié stoetery op die plaas Nooitgedacht in die distrik Nigel bedryf. “Die diere wat onder hierdie omstandighede presteer, is waarop die kudde gebou word.”

Hierdie manier van doen sorg vir groot sukses en die jaarlikse Bloemendal Bonsmara-produksieveiling lok wye belangstelling. “Ons is bevoorreg om ondersteuning te geniet van onder meer boere in ons onmiddellike omgewing. Dit is ons teikenmark – kommersiële boere wat onder dieselfde omstandighede as ons boer.”

Die Bloemendal-kudde loop op die Gautengse Hoëveld en is deel van ’n gemengde boerdery waar mnr. Charles Krugell die droëlandsaaiery (mielies en sojabone) behartig, mnr. Frederick Krugell die finansies en Chris die Bonsmaras.

Toe die Krugells besluit het om hul melkbeeste vir vleisbeeste te verruil, was hulle op soek na ’n ras wat aan hul spesifieke behoeftes voldoen.

“Omdat ons glo die waarde van ’n kudde is opgesluit in die vermoë van die koeie om te produseer, was dit vir ons ’n baie maklike keuse om op die Bonsmara te besluit. Die moedereienskappe van dié ras het beslis die deurslag gegee,” sê Chris.

Dit is ook vir hom lekker dat hy van die Bonsmara se voorkoms hou. “Dit is vir ons ’n seën om met dié mooi rooi diere te kan boer en op die manier te kan bydra tot die skepping.”

Omdat vrugbaarheid, soos in enige winsgewende teelkudde, vir hom die belangrikste oorweging is, is reproduksierekords van onskatbare waarde. Daarmee identifiseer hy moederlyne wat hoogs vrugbaar is sodat hy bulle uit daardie lyne kan gebruik. Dit is hier waar die data wat by SA Stamboek verwerk en gehou word, ’n groot rol speel in die Bloemendal Bonsmara-stoetery, wat al sedert 2008 by die organisasie geregistreer is.

“Dit help baie dat ons data altyd op Logix beskikbaar is en dit is veral nuttig in die veld waar jy op jou slimfoon ’n dier se rekords kan nagaan.”

Vir Chris bly visuele beoordeling die primêre oorweging om teeldoelwitte te behaal, maar hy voeg by dat dit uitstekende resultate lewer as dit deur prestasietoesing gerugsteun word.

Bloemendal
Die goeie moedereienskappe van die Bonsmara-beesras het beslis die deurslag gegee toe mnr. Chris Krugell besluit het om sy melkbeeste te verruil vir vleisbeeste. FOTO’S: VERSKAF
Bloemendal
Vrugbaarheid is mnr. Chris Krugell die belangrikste oorweging as dit kom by seleksie, dus is reproduksierekords vir hom van onskatbare waarde.
Bloemendal
Die Bloemendal-kudde loop op die Gautengse Hoëveld en die weindingsprogram word fyn beplan om saam met die natuur te werk.
Bloemendal
Die gehalte van die Bloemendal-stoetery se Bonsmaras sorg dat sy jaarlikse produksieveiling wye belangstelling lok.

“Deur dit so te doen kon ons byvoorbeeld ’n koei, CKB13-035, met ’n vrugbaarheidsindeks van 140 in ons kudde identifiseer en as moederlyn vestig,” sê hy.

Hierdie benadering het Bloemendal Bonsmara oor goed gestaan gekom toe sy CKB12-43 in 2021 die LNR Elite Bonsmara-koeitoekenning ontvang het.

Vir Chris is die geheim van ’n suksesvolle kudde nie net data en rekordhouding nie. Hy glo ook daarin om raad by ander te vra.

“Moet nooit aarsel om by leiers in die bedryf te gaan aanklop nie. Jy sal verbaas wees hoe vrygewig mede-beesboere is om hul ervaring te deel. Pas dan die raad toe en skaaf dit na jou eie omstandighede.”

Bloemendal Bonsmara hou op 16 Augustus 2023 om 11:00 sy jaarlikse produksieveiling op die plaas Nooitgedacht buite Nigel. Op aanbod sal 20 stoetbulle en 50 vroulike diere uit die kudde wees.

Bloemendal logo
Navrae:
Mnr. Chris Krugell 084 556 3003, Facebook-blad, @BloemendalBonsmaras
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Jy lewe net eenkeer kom maak die beste daarvan
Vriendelike lewenslustige weduwee wat graag nuwe mense wil ontmoet. Hou van dans en die natuur en soms net rustig wees
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot