AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Grondmikrobiologie, die hede en die toekoms

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Figuur 1 : Die plantmikrobioom –  ’n skematiese voorstelling (Microbika, 2023)
Figuur 1 : Die plantmikrobioom – ’n skematiese voorstelling (Microbika, 2023)
Die landbou is in ’n tydsgleuf waarin die klem al hoe sterker op grondmikrobiologie en grondgesondheid geplaas word. Gereelde gesprekvoering vind plaas oor die sprektrum heen, tussen die media, produsente, adviseurs, verkoopslui, tersiêre akademiese en navorsingsinstellings en insetverskaffers.

Meting en die kwantifisering van grond ten opsigte van grondlewe en sogenoemde gesondheidsvlakke, of indekse, word gedoen. Die afgelope twee tot drie jaar is ook gekenmerk deur werksessies en konferensies oor hierdie onderwerp. 

Insiggewende inligting het die afgelope jaar of twee aan die lig gekom. Van die interessantste is die plant se vereenselwiging met mikro-organismes, bekend as ’n plantmikrobioom. Alle mikrobes wat vereenselwig is met ’n lewende plant, staan kollektief bekend as ‘n mikrobioom.

Die plantbioom is belangrik omdat mikrobes in noue interaksie met die plant lewe en ’n duidelike invloed, of bydrae, tot die plant se groei, ontwikkeling en gesondheid kan hê, en dus ’n direkte impak op winsmarges. Die konsep word aangedui in Figuur 1 (Microbika, 2023).

Die filosfeer word gedefinieer as die bogrondse plantoppervlak wat insluit blare, stamme en blomme. Hierdie plantelemente kan ’n verskeidenheid organismes huisves. Hierdie organismes staan as epifiete bekend en word blootgestel aan faktore soos wind, temperatuur en uitstraling. Laasgenoemde  veroorsaak dus dat die mikrobes tussen seisoene kan verskil.

Die endosfeer is die mikrobiese omgewing binne plantweefsel, insluitend die volumes binne en tussen plantselle in blare, stamme en wortels. Hierdie organismes staan bekend as endofiete en kan die plant binnedring deur die wortelpunte, natuurlike openinge in die plantweefsel, of kan koloniseer gedurende die vroeë ontwikkeling van die plant.

Die risosfeer is die robuuste mikrobiese omgewing op en rondom die plant se wortels, insluitend die grond rondom die wortels. Hierdie organismes sluit in daardie wat plantgroei kan bevorder deur verhoogde biobeskikbaarheid van elemente vanuit die grond aan die betrokke plant. Terselfdertyd word antimikrobiese verbindings uitgeskei wat siektes en plae onderdruk.

Die besef bestaan dat die gebruik van chemiese middels in die grond ’n impak op grondmikrobiologiese lewe het. Verder is alle lewe in die grond nie noodwendig goed ten opsigte van gewasverbouing nie, en om hierdie rede word daar gesoek na die teenwoordigheid van voordelige organismes, en dus ’n balans tussen voordelige en nadelige organismes.

Daar bestaan verskille in organisme-assosiasie en -bevolkings tussen eenjarige gewasse (soos mielies, koring, sojabone, sonneblom of grondbone) en meerjarige gewasse (soos bome en druiwe). By die eenjarige gewasse sal hoë bevolkings tydens die groei van die betrokke gewas gevind word, met ’n groot afplatting ná volwassewording en afsterwe. Tydens rus of braak lê van ’n droëland sal spesiegetalle, in die afwesigheid van wortels, baie afneem.

Hierteenoor sal bevolkingsgetalle en fluktuasies by ’n permanente gewas ’n ander dinamika volg. Die rol van die mikrobioom en die verband daarvan met plantgesondheid, plantproduksie en biochemiese siklusse behoort net soveel aandag te geniet as die plant self (Turner et al. 2013). 

Navrae: Dr Chris Schmidt, Kynoch Kunsmis; e-pos: chris.schmidt@kynoch.co.za.

Bronne

Microbika, 2023. Unlock the Potential of the Microbiome. https://www.microbika.com/approach.

Turner et al., 2013. The plant microbiome. Genome Biology 2013, 14:209 http://genomebiology.com/2013/14/6/209.

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.12
+1.0%
Rand - Pond
22.31
+0.6%
Rand - Euro
19.72
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.16
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Platinum
990.76
+0.6%
Palladium
1,440.39
-0.2%
Goud
1,982.65
+0.7%
Silwer
23.08
+0.5%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
69,973
+0.3%
Alle aandele
75,488
+0.3%
Hulpbronne 10
65,039
-1.1%
Industriële 25
102,482
+0.8%
Finansiële 15
15,432
+1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot