AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Hereford gee troefkrag in gemengde kudde

akkreditasie
Die Hereford-koeie is mak, vroeg geslagsryp, lewer klein kalwers en het kort tussenkalfperiodes.
Die Hereford-koeie is mak, vroeg geslagsryp, lewer klein kalwers en het kort tussenkalfperiodes.
Die Hereford se goeie kruisteelvermoëns maak hierdie ras die ideale keuse vir die Oos-Kaapse veeboer mnr. Hugh Ainslie in sy gemengde beeskudde.

Reeds 30 jaar lank al gebruik mnr. Hugh Ainslie die Hereford-ras in ’n drierigtingkruisteelprogram met die Angus en Beefmaster in sy kudde. Benewens beeste boer Ainslie ook met wild, Boerbokke en skape (wol en vleis) by Bedford in die Oos-Kaap. “Die Hereford is ’n ongelooflike kruisteler en kruisteel goed met enige ras, veral met Bos indicus-soorte,” sê Ainslie, ’n sewendegeslagboer.

Die ras hou vele voordele vir sy beeskudde in. “Die Hereford is mak en maklik om te hanteer. Van die belangrikste faktore is vrugbaarheid, vroeë geslagsrypheid, die kort tussenkalfperiode, aanpasbaarheid en lae onderhoud. Die kalwers het goeie gewigte, met goeie beenstruktuur en is klein met geboorte. Die koeie rond goed af wanneer hulle vet gemaak word.”

Die belangrikste teelmateriaal in die kudde is bygedra deur die bul Benchmark, wat Ainslie by mnr. Justin Philips se Bonhaven Herefords aangekoop het. Die bul was die seun van die koei Silk. Hy het ook verskeie stoetkoeie van die teler mnr. JJ Park se Dumisa Hereford-kudde op sy finale uitverkoping gekoop. Benchmark is as ’n vaar by die koeie gebruik en hy kon goeie Hereford-bulle uit hulle teel.

Ideale koei 

Koeie in die kudde moet vrugbaar wees en elke jaar ’n kalf lewer. Sy moet maklik vleis aansit en ’n swaar speenkalf lewer. Koeie moet wigvormig wees, met ’n los vel en ’n vroulike nek en kop. “ ’n Os-agtige vers is nege uit die tien keer onvrugbaar.” Na sy mening speel voeding ’n belangriker rol by vrugbaarheid as oorerflikheid.

“Indien ’n dier in goeie kondisie kalf, is die kans dat sy weer dragtig sal word, baie goed. As koeie maerder is met kalftyd, soos met die droogte, moet jy baie doen om hulle weer dragtig te kry.” Koeie kry strategiese voeding om in siklus in te gaan. “Ons het nooit iets gevoer nie, en die resultate was skaflik, maar aanvaarbaar.”

Koeie word voor dektyd geprikkel. As byvoeding kry die koeie Super 18 van Voermol (reg.no. V355, Wet 36 van 1947) of Master 20 van Molatek (reg. no. V5971). “Dit kos nie baie nie, en jy sal nie glo hoeveel gouer die koeie dragtig raak nie. “Jy kan nie meer bekostig om nié op die regte tyd te voer nie. ’n Kalf is nou baie geld werd.”

Danksy die regte voeding kalf sy koeie tydens die eerste ses weke van die kalfseisoen, wat hy voorheen nie maklik kon regkry nie. Met kalwers wat vroeër gebore word, is daar boonop ’n gewigsvoordeel.

“ ’n Kalf wat ’n maand vroeër gebore word, is 30 kg swaarder met speen. Vir een kalf is dit tans bykans R1 200 méér wat jy kan kry.”

Ainslie beoog om vanjaar 205 van sy verse kunsmatig te insemineer om só beter beheer oor kalftyd te hê.

Ainslie spaar sy soetveld in die somer sodat sy koeie deur die winter tot in die lente daar kan kalf. Die soetveld behou sy voedingswaarde regdeur die winter en is heeljaar bruikbaar. Weens die goeie veld benodig die koeie geen lek of bykomende voeding in die winter nie, en dit is voordelig vir koeie om weer dragtig te raak.

Hy sorg dat hy nog genoeg veld het wanneer die lente aanbreek, aangesien die aanvang van somerreënval baie onseker in dié gebied is. Hy kan nou die suurveldplato op sy plaas, waar hy in die verlede nie goeie resultate gekry het nie, in die somer benut danksy die gebruik van fosfate en lekke.

Daar is ’n fosfaattekort op die plaas, en sedert Ainslie in 2020 fosfaatlekke begin gebruik het, kry hy uitstekende resultate. Die laaste 100 koeie wat elke jaar kalf, word ook in die beste kampe gesit en kry die beste voeding omdat hulle minder hersteltyd het om weer dragtig te raak. Bulle word nie vir lang tye by die koeie gehou nie om te verseker die kalftye bly georganiseer.

“Anders begin sake deurmekaar loop en jy kan nie weer teruggaan nie.”

Alle produksievee en kalwers word deur Hobson & Co bemark. Vanjaar se kalwers het gemiddeld 240 kg geweeg en is na mnr. Haydn Evans, wat ’n voerkraal op Somerset-Oos bestuur, gestuur. Koeie wat oorslaan, word ná dragtigheidstoetse in die soetveld afgerond en verkoop wanneer hulle reg gradeer.

“Dit is goeie waardetoevoeging ná afronding van 3-4 maande. Ek reken dit is waar jy goeie geld kan verdien. Indien jy jou vroulike diere by ’n beoogde getal kan kry, soos ons wat binnekort 700 koeie wil laat dek, kan jy by ’n punt kom waar jy 60-70 teeldiere kan bemark. Dit is die doelwit.”

Van sy vetkoeie word aan die einde van die maand op die plaaslike Hobson & Co-vetveeveiling op Bedford verkoop. ’n Slagtersvriend koop ook van sy beeste. Ainslie bemark ook dragtige koeie en oop verse as gasverkoper op die Benchmark Beefmaster-veiling op Makhanda. Sy dragtige koeie is op die veiling verlede jaar vir gemiddeld R18 500 verkoop, “wat goeie geld is”.

Om verse ná hul eerste kalf weer dragtig te kry, was moeilik, maar Ainslie het nou begin om verse drie maande vóór koeie te laat dek. Dit beteken die verse het ’n langer hersteltydperk ná kalf.

“Dié voordeel is dan blywend vir die res van hul lewensiklus. “Die besettingsyfer van die koeie ná hul eerste kalf was 50%. Dan moet jy die koste van die koeie vir nog ’n seisoen dra. Die ekonomie van beesboerdery is reeds nie goed nie. Jy kan nie droë koeie op die plaas bekostig nie.”

Dragtigheidstoetse word deur dr. Keith Ross van Bosberg-veeartse van Somerset-Oos gedoen. Ainslie het vanjaar ’n besettingsyfer van 94%, met 99% van die koeie wat ná hul eerste kalf weer dragtig is. Hoewel die ernstige droogte wat in 2019 sy hoogtepunt in die gebied bereik het, baie druk op sy boerdery en verhoudinge geplaas het, sou hy dit nie anders wou hê nie.

Ná ondergemiddelde reënval van twee jaar het die water begin opraak nadat die boerdery vir byna 200 jaar kon staatmaak op water afkomstig van strome. Vyf boorgate, waarvan een goeie water kon lewer, is gesink. Ou akker- en stinkhoutbome en verskeie ander bome op die plaas het gevrek.

“Dit het op die regte tyd in my boerderyloopbaan gekom. Ek het só baie oor my diere geleer en hoeveel meer hulle kan trotseer. Ek het geleer om kalm te bly en nie paniekerig te raak en my diere weg te stuur Vrystaat toe om hulle daar te laat loop nie.

“In my persoonlike situasie is ek bly dat die diere gebly het. My raad sou wees om al die geld wat jy beskikbaar het, te hou om jou diere te behou. Hulle is onvervangbaar.” ’n Goeie vriend van hom het 50 van sy koeie wat na aan dood was, ingeneem. “Dit het baie gehelp. Dit was wonderlik om te sien dat iemand só goedhartig kan wees. Ek is dankbaar en nou kan ek vanjaar dieselfde vir ’n ander vriend doen.”

Mnr. Hugh Ainslie.

Biosekerheid

Bosluissiektes, soos hart- en rooiwater, en galsiekte is ’n groot probleem in die gebied. Ainslie gebruik tans Ivomec Gold (reg. nr. G3080) veral teen hartwater, en het weggedoen met spuitdip. Die produk bied dekking van 100 dae, wat bestuur aansienlik vergemaklik.

“Ons moes die beeste gereeld bymekaar maak, in die somer tot elke twee weke, om hulle te bespuit. Dit is ’n nagmerrie.” Al sy koeie kry die Express 5- entstof van Boehringer Ingelheim (reg.nr. G4172) en Bovi- Shield Gold (reg.nr. G4353). Sy verse kry net voor dekking ’n bykomende dosis.

“Elke koei in produksie is ingeënt. Die getal beeste met resorpsies (afsterwing van fetusse) het van ’n paar persent tot minimaal gedaal.” Sy gespeende verse kry twee toedienings van die RB51- brucella-entstof (reg.nr. G3056) omdat daar verskeie melkkuddes in die gebied is.

Elke teeldier kry ook ’n dosis Multimin vir beeste van Virbac (reg.nr. G1853). Bulle word jaarliks getoets vir vrugbaarheid en skedes word gewas vir trichomoniase en vibriose. Slegs diere met vrugbaarheidsertifikate word aangekoop by betroubare telers. Ainslie is ook gekant teen diere deel of uitleen.

Ou koeie word ná kalf uitgehaal en in aparte kampe gehou. Weens die huidige hoë waarde van teelvee sal hy die koeie weer dek om waarde toe te voeg en te verkoop aan ’n boer wat moontlik ekstra weiding het.

Só kan hy waarde toevoeg sonder om die diere af te rond. Sy verse word sedert 2020 kunsmatig geïnsemineer (KI). Saad van sy eie bulle word gebruik. Ainslie beoog om in die lente 205 verse kunsmatig te insemineer. Sy mikpunt is om uiteindelik 700 koeie per jaar te laat kalf.

“Dit maak die kalftydperk aansienlik korter en die verse kalf almal binne ’n maand. Bestuur is makliker en diere eenvormiger wanneer hulle bemark word.” Hoewel dit ’n groot kapitaaluitleg is, kry hy dubbel die waarde daarvan aangesien die kalwers ’n maand ouer is wanneer hulle verkoop word.

Daarby is die prys per kilogram meer omdat die diere eenvormiger is, “en jy kan die beste gebruik maak van jou teelmateriaal.” Ná KI word daar ná vier dae met bulle opgevolg. Die ouer koeie word tans nog natuurlik gedek en hy gebruik vyf bulle per 100 koeie. “Dit is ’n bietjie té ‘oorbul’, maar die gebied waar hulle loop, is bosserig, met stroompies.”

Navrae:


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot