AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Herefords se eienskappe steel sy hart

akkreditasie
Die Hereford-beesras het ’n groot rol gespeel in die vestiging van mnr. Dave Osborne se suksesvolle kommersiële kuddes.
Die Hereford-beesras het ’n groot rol gespeel in die vestiging van mnr. Dave Osborne se suksesvolle kommersiële kuddes.
Die Hereford se vermoë om goed met seboe-beeste te kruis is een van verskeie redes om hierdie ras te kies vir kommersiële kuddes.

Jou witgesig-winsgenoot. Só word die Hereford-bees se kenmerkende wit kop en goeie karkasgehalte opgesom in die leuse van dié ras se telersgenootskap. Die Suid-Afrikaanse Hereford-telersgenootskap verteenwoordig al 104 jaar lank dié veeldoelige ras in die land.

Die Hereford-ras is van 1892 tot 1901 na Suid-Afrika gebring toe mnr. George Moorcroft die bul Southern Cross en 14 koeie ingevoer het. Sekere bronne verwys na Moorcroft, asook mnre. James Gray, Abe Bailey en G.C. Young as die vaders van die Hereford in Suid-Afrika.

Die Transvaalse regering het bygedra tot die ras se vestiging in die land met die inbring van 27 koeie en vier bulle in 1903. Dié kudde het die prominente bul British Gold ingesluit en is by die Potchefstroom-landboukollege aangehou. ’n Nasionale telersgenootskap vir die ras is in 1917 gestig.

In 1945 het mnr. Charles Eustace die Hereford-stoetery Arbor in Underberg, KwaZulu- Natal gestig. Dit is vandag die oudste bestaande stoetery in Suid-Afrika.

Osborne verkies die Hereford vir sy vermoë om met seboe-tipe beeste te kruis en stewige kalwers te lewer wat maklik is om te versorg en uitstekend vaar in die veld en voerkrale.

Eienskappe wat steeds geld 

Die Hereford is een van die oudste Engelse beesrasse en is so ver terug as die 1600’s deur verskeie skrywers opgeteken. Daar is ook bewyse dat mense in die 1700’s produksierekords van die ras gehou het, met hoë vleisopbrengs en produksiedoeltreffendheid toe reeds hoog op beeseienaars se prioriteitslys.

Vorige eeue se Herefords was heelwat groter as vandag. Die webwerf The Cattle Site verwys na een skoubul, Cotmore, wat in 1839 meer as 1 760 kg geweeg het. Die grootte van vandag se Herefords hang af van die produksietoestande, maar dié wat in Suid-Afrika geproduseer word, is hoofsaaklik mediumraambeeste, met koeie wat van 500 kg tot 650 kg weeg en volwasse bulle van 900 kg tot 1 100 kg.

Hoewel dié bees uit die Herefordshire- streek reeds eeue bestaan, geld sy goeie eienskappe steeds vandag. Dié eienskappe is onder meer goeie temperament, prestasie in ongenaakbare weer, en vroulike diere met die vermoë om jaarliks ’n kalf te speen, gou weer beset te raak en by die beskikbare voer aan te pas.

Dié beeste het ’n reputasie om laegehalte-weiding in hoëgehalte-vleis om te skakel. Daarom word internasionaal na hulle verwys as “die ras wat gras beroemd gemaak het”. Die eienskap waarvoor die Hereford veral bekend is, is sy vrugbaarheid. Hy is al verskeie kere aangewys as die vrugbaarste ras van alle beesrasse wat by die SA Stamboek geaffilieer is, met kuddes van duisend of meer.

Volgens die genootskap se webwerf is dié ras se tussenkalfperiode tans 385 en dit verbeter steeds. Daar word gemeen dié goeie vrugbaarheid is ’n bewys van die ras se aanpasbaarheid, want ’n koei wat nie aangepas is nie, sal nie beset raak nie. Danksy hul uitstekende moedereienskappe, doeltreffende weidingbenutting en hoë basterkrag danksy die ras se eeue lange suiwerheid, is Herefords ook in aanvraag vir kruistelingsprogramme.

Hereford-beeste is rooi en word gekenmerk deur ’n wit kop, bors, “kouse” en kuif.

Dít wen sy hart 

Die Hereford se vrugbaarheid, gepaardgaande met sy geboortegemak en liggaamskondisietelling maak mnr. Dave Osborne, ’n vooraanstaande Oos-Kaapse beesboer, ’n aanhanger van die Hereford. Hy verkies die ras ook vir sy vermoë om met seboe-tipe beeste te kruis en stewige kalwers te lewer wat maklik is om te versorg en uitstekend vaar in die veld en voerkrale.

Osborne, wat ook suksesvolle varkboerderye en melkplase bedryf, was ’n veespekulant toe hy in die vroeë 1990’s die plaas Glen Ewan in die distrik Tarkastad van mnr. Ray McEwan gekoop het. McEwan het op die plaas aangebly om Osborne te help om ’n beeskudde op te bou. Osborne het, tot McEwan se ontsteltenis, eers ’n komposietbul (’n bul geteel uit verskillende rasse) gebruik, maar McEwan het gou toegesien dat rasegte Herefords na die plaas gebring word.

Danksy die hulp en raad van ’n plaaslike Hereford-teler, mnr. Lawrence Moorcroft van die Syferpan-stoetery, het Osborne begin met ’n drierigting- kruising met Herefords, Brahmane en Santa Gertrudis. Só het hy sy kommersiële kuddes opgebou en later plase in die distrikte Queenstown, Sterkstroom, Indwe, Dordrecht, Elliot, Ida en Molteno by sy boerdery gevoeg.

Vanjaar was die besettingsyfer van sy kommersiële koeie 87% onder ekstensiewe toestande met net ’n mineralelek in die somer en ’n proteïenonderhoudslek in die winter. Al die koeie word getoets word vir dragtigheid en die diere word dan ook geëvalueer vir ongunstige neigings. Enigiets wat waargeneem word, word deur sy veearts, dr. Brett Catherine, aangeteken.

Osborne selekteer vir diere wat hul liggaamskondisietelling die beste kan handhaaf, aangesien hulle die beste in die veld presteer. Hy soek ook diere met weerstand teen parasiete, vrugbaarheid en maklike hantering. Hy en sy span beoog om in November te begin om sowat 6 500 vroulike diere te paar.

Mnr. Dave Osborne, vooraanstaande beesboer van die Oos-Kaap.

Van die nie-Herefordkoeie uit dié groep gaan deur rasegte Hereford-bulle gedek word en die Hereford-koeie deur Brahman- bulle. Hy hou die vroulike Hereford- en Brahman-kalwers as vervangingsverse, terwyl die manlike Brahman-speenkalwers in bergkampe uitgegroei word.

Moorcroft sal al die bulle vir dié teelprogram, waaronder die Brahmane, uitkies. Vir Osborne is Moorcroft se bydrae tot sy sukses van onskatbare waarde.

“Hy is al sedert 1992 betrokke by die ontwikkeling van my kuddes. Sy kennis van die Hereford- ras en wat dit kommersieel kan doen, het die kudde geneem na waar dit vandag is. Ons bestuurspan is baie trots op wat ons vermag het en Lawrence se bydrae voer dit elke jaar tot nuwe hoogtes,” sê hy.

Soos genoem, is vrugbaarheid een van die Hereford-ras se sterk eienskappe. Daarom soek telers dié beeste uit wanneer hulle suksesvolle kuddes wil bou. ’n Skrywe op die Suid-Afrikaanse Hereford-beestelersgenootskap se webwerf verwys na ’n studie deur die noordelike landbou-navorsingsentrum in Amerika wat daarop dui dat die rasegte Hereford in daardie studie ’n dragtigheidsyfer van 97% getoon het.

Dit het ook gevind dat die meeste vroulike Herefords op 14 maande reeds geslagsrypheid bereik. Die gevolgtrekking is dat hulle die nodige groei en ontwikkeling het om op twee jaar te kalf. Daarom kan hulle hou by ’n kort kalfseisoen wanneer hulle by volwasse koeie loop.

Vrugbaarheid

Die studie het nie net na dragtigheidstempo gekyk nie, maar ook na die invloed van geboorteprobleme, speengewig en speenpersentasie op kuddeproduktiwiteit. Uit al die rasse wat getoets is, het die Hereford die beste gevaar wat betref die speen van ’n swaarder kalf. Dit is ook hier waar die Hereford vir Osborne ’n groot verskil maak.

Sy kuddes lewer elke jaar topgehalte-speenkalwers. Sy speenkalfouderdom is sewe maande en die gemiddelde gewig van die 2 164 speenkalwers wat op die veld grootgemaak is, was vanjaar 233 kg.

Produksiestreke

Herefords is aangepas om in selfs die strafste toestande te presteer en daarom word hulle in baie streke in Suid-Afrika gevind. Hulle gedy in die koue winters van die Drakensberge en Oos-Kaap én die hitte van die Karoo en Kalahari. Omdat Osborne ekstensief met Hereford-kruisings op plase in talle gebiede boer, is dié vermoë van die ras om aan te pas by omstandighede vir hom baie belangrik.

Die weer op sy plase wissel van strawwe winters tot baie warm somers. Om dieselfde rede wei sy beeste op soet- óf suurveld. Tog presteer Herefords uitstekend in die veld en Osborne vind hul voeromsettingsverhouding is baie gunstig. Hoewel Osborne selekteer vir parasietweerstandigheid volg hy ’n doseringsprogram wat met die samewerking van dr. Catherine ontwikkel is.

Die teelseisoen vir Osborne se beeste is November tot Januarie, en die kalfseisoen begin in die vroeë lente. Sy Herefords kalf elke jaar. Hulle kalf vroeg, gereeld, slaan nie oor nie en ervaar min probleme met geboorte.

“Die Hereford het ’n groot impak op ons kruisteelprogram. Dié doeltreffende beeste het ons kuddes bekend gemaak.”

Navrae:
Liezel Grobler, 051 448 7302/3, e-pos: hereford@studbook.co.za. Web: hereford.co.za.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot