AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Hoekom Wagyu-vleis moeilik geklop sal word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wagyu-vleis is ’n eetervaring soos min, en verbruikers soek toenemend geleenthede om dié  steaks te geniet. FOTO: VERSKAF
Wagyu-vleis is ’n eetervaring soos min, en verbruikers soek toenemend geleenthede om dié steaks te geniet. FOTO: VERSKAF
Plaaslike beesvleiseters lek gereeld hul lippe af vir topgehalte Wagyu-snitte.

Met meer kleinhandelaars en restaurante wat Wagyu-beesvleis aanhou, kan die verbruiker nou self hierdie uitsonderlike eetervaring beleef. Net soos in die wynbedryf begin vleiseters onderskei tussen produksie in groot maat en premieprodukte. Net soos daar kenners is wat wyn beoordeel en erkenning gee aan wynmakers se vernuf sodat verbruikers makliker die wynbottels met goue medaljes op die winkelrakke kan uitken, is daar kenners wat vleis beoordeel.

Hulle kategoriseer en rangskik vleis objektief volgens gehalte. Só ’n beoordelingsgeleentheid is die Suid-Afrikaanse voerkraalvereniging en Alfa-ekspo se jaarlikse beesvleiskompetisie. Kenners van die Universiteit van die Vrystaat (UV) beoordeel die inskrywings volgens geur, sappigheid, sagtheid, algehele smaak en marmering.

Die Protea Reserve Wagyu Company (PRWC) het in 2021 hiervoor ingeskryf en met die eerste prys weggestap. Prof. Arno Hugo, diere-, vleis- en voedselwetenskaplike aan die UV, sê PRWC se Wagyu-beesvleis was die beste graangevoerde en algehele wenner van die kompetisie.

Kyk ’n mens na die World Steak Challenge as internasionale platform van kenners, sien jy dat ’n Wagyu-produsent die beste graangevoerde filet- en riboogsteaksnitte in 2021 geproduseer het. Daar is dus ’n duidelike patroon oor wat kenners van Wagyu-vleis dink.

Smaakwiel

In 2020 het dr. Heather Smyth, ’n smaakkenner aan die Universiteit van Queensland, Australië, saam met ander vleiskundiges ’n Wagyu-smaakwiel ontwikkel. Hulle was van mening dat Wagyu-vleis soveel meer smake aan die verbruiker bied. Die smaakwiel help verbruikers om die verskil te herken.

Hulle het meer as 100 beskrywende woorde geïdentifiseer om die Wagyu-smaakervaring beskryf. Woorde sluit in botterig, smeltagtig, krakerig en karamel. Net soos wynkundiges dus hul wynproe-ervarings in woorde soos sitrus, bessie en sjokolade uitdruk, help die smaakwiel beesvleisliefhebbers om hul eetervarings van Wagyu-vleis te beskryf.

Daar is deesdae in Suid-Afrika beesvleis-proegeleenthede. Beesvleisaanhangers ruil daar hul menings onder mekaar uit en beleef nuwe eetervarings. Dit is ’n nuwe smaakervaring vir diegene wat nog nooit Wagyu-vleis geëet het nie, of nie bewus is van die Wagyu-voorkwartsnitte wat beskikbaar is nie. Verwag om mettertyd meer van hierdie proegeleenthede, net soos in die wynbedryf, teë te kom.

Wensituasie

Wagyu is nie net nog ’n kommoditeit wat ’n R/kg-prys het, ongeag die smaakervaring nie. Dit is dus moontlik vir die beesvleisprodusent om langer in die waardeketting betrokke te bly en direk ’n premieprys van die verbruiker te kry. Die vetsuurprofiel maak dit verder geskik vir die vervanging van graanolies in die kulinêre bedryf, en ander byprodukte, soos sepe en velsorgprodukte.

Daar word baie by wynprodusente geleer, veral hoe om produkte van uitstaande gehalte te onderskei en te bemark, en sodoende premies te verdien. Wagyu bied ’n geleentheid vir die eksklusiewe produsent om ’n premie bo die massamarkpryse te verdien. Dit gebeur reeds in die buiteland waar die Wagyu-naam as ’n premieproduk erken word. Dieselfde is ook besig om hier in Suid-Afrika te gebeur.

Mnr. Johan Strydom is die stigter van Prime Wagyu.

Navrae:
Wagyu-beestelersgenootskap, e-pos: office@wagyu.org.za, web: wagyu.org.za/
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.29
+0.5%
Rand - Euro
17.40
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,635.37
-0.5%
Silwer
18.74
-0.7%
Palladium
2,052.00
-1.0%
Platinum
859.50
+0.1%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Bleh
Plat op die aarde tipe mens soek n maatjie om dinge saak te doen🤭🙃en dinge saam meer te geniet
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot