
Die vyf lewensbelangrike aspekte wat bepaal hoe suksesvol jou broeisel is, is voer, vars lug, watertoevoer, temperatuur en humiditeit. ARCC se IoT-broeiseloplossing maak dit moontlik om dit fyn te monitor, beheer en bestuur vanaf ’n pasgemaakte toepassing op jou rekenaar en slimfoon.
Danksy vier jaar se data-insameling en ontledings, en met behulp van veeartse en kundiges het ARCC die optimale omstandighede vir ’n suksesvolle hoenderboerdery bepaal.
Dit is nou baie maklik om te weet wat die stand van sake in jou hoenderhokke is. Dit maak beplanning eenvoudiger en bespaar koste. Op die koop toe is dié stelsel met die Telegram-toepassing en e-pos geïntegreer om jou dadelik te laat weet as daar probleme, soos temperatuur- en waterverbruikskommelings, opduik.
Is daar geen sein nie of swak sein op jou plaas? Moenie bekommerd wees nie, want ARCC maak staat op die SIGFOX-netwerk wat radiogolwe pleks van selfoonnetwerke gebruik om te kommunikeer.
Die stelsel se hoofdoel is om hoenderboere in staat te stel om optimaal te boer en data in te samel. Die korrekte data gaan jou help om die regte besluite vinniger te neem.
ARCC bied ook ondersteuning voor en ná toepassing om te verseker dat jy die stelsel gebruik om die meeste voordeel daaruit te trek.
Wat is IoT?
IoT staan vir Internet of Things of die Internet van Dinge. Dit is die koppeling van slimtoestelle in ’n netwerk sodat hulle outonoom met mekaar kan kommunikeer. Die doel daarvan is om data in te samel deur slimsensors wat aan toestelle in die boerdery gekoppel is. Dit stel jou in staat om op een instrumentpaneel op jou rekenaar alles te kan sien wat gemonitor word, soos koolstofdioksiedvlakke, humiditeit/ventilasie en kuikengewig. Lesings vir temperatuur, humiditeit en koolstofdioksiedvlakke word elke 30 minute geneem; water- en gasvlakke se lesings word elke uur verskaf.
Bykomende dienste
ARCC kan ook jou hokke vir ’n siklus inrig met toestelle wat akkurate data kan invorder (mapping) om ’n holistiese oorsig van jou hokke te gee. Nou kan jy aan die einde van ’n siklus/oes ’n volledige verslag trek en verbeteringe aanbring waar nodig.
Ander toestelle beskikbaar by ARCC
• Nutstoestelle – monitor watervloei en -verbruik;
• Temperatuurpeiler – monitor temperature van tot -50 °C; dit kan in blaasvrieskaste gebruik word om die vloertemperatuur te meet;
• Temperatuur- en vogsensor;
• Koolstofdioksiedmeter – meet temperatuur, vog- en koolstofdioksiedvlakke;
• Ultrasoniese vlaksensors – meet vloeistofvlakke, byvoorbeeld in damme;
• Druksensors – meet die druk in ’n waterpypleiding en kan help om lekkasies op te spoor;
• Dieselpompmeter;
• Windspoedmeter; en
• Gasmeter.
Wat kos dit?
As jou koste meer as R20 000 beloop, kom jy in aanmerking vir verhuring van die toestelle. Jy kan dit vir ’n minimum van 12 maande teen R250 per toestel per maand huur. Daar is geen bindende kontrakte nie.
Dit kos so min as R2,20 per dag per hok om die temperatuur en humiditeit te meet. Die monitering sluit ’n daaglikse en maandelikse verslag vir ’n bykomende R100 per maand in.
Data van jou boerdery word vir drie jaar gehou en is by die prys ingereken. Data kan ook op versoek langer gehou word.
Besoek arccwc.co.za of kontak Frikkie by 061 441 1555 of André by 083 630 0903.