
Optimale produktiwiteit op die plaas – dit is ARCC se IoT-stelsel se hoofdoel. ARCC is ’n verskaffer en installeerder van IoT-moniteringstelsels, wat beteken jy kan jou plaas met sensors konnekteer en deur jou selfoon weet wat op die plaas aangaan. En dis onafhanklik van gewone selfoonontvangs of internet.
Wat is IoT?
IoT staan vir Internet of Things of die Internet van Dinge. Dit is die koppeling van slimtoestelle in ’n netwerk sodat hulle outonoom met mekaar kan kommunikeer. Die doel is om data te versamel van slimsensors en jou in staat te stel om op een instrumentepaneel op jou slimfoon alles te sien wat gemonitor word: dinge soos die hoeveelheid voer wat oor is in ’n silo, of hoe vinnig die vlakke daal.
Daar is baie voordele, spesifiek met die silo-moniteringstelsels van ARCC. Die stelsel verskaf onmiddellike, hoogs akkurate afmetings en stel jou in staat om op enige tyd van die dag te weet hoe die voervlakke lyk. Dit kan voorspel wanneer die voer sal opraak, wat verhoed dat jy paniekaankope doen, en bied langtermyn-insigte deur data wat oor tyd ingesamel word.
Voordele:
- Insigte wat jou oor tyd beter sakebesluite kan laat neem.
- Maak dit moontlik vir meule om meer produkte, minder gereeld te lewer.
- Verminder afleweringskoste per ton deur die hoeveelheid vragmotors op die pad te verminder.
- Verminder jou besigheid se koolstofvoetspoor.
- ’n Vinniger opbrengs op beleggings.
- Skakel risiko’s uit deur te verhoed dat werkers silo’s moet uitklim.
- Groter behoud van kliënte.
Wat kan die stelsel nog doen?
- Die aanlyn platform gee jou ’n visuele beeld van silovlakke.
- Sekere daaglikse take kan outomaties gedoen word en werkers se hande losmaak vir ander werk.
- Regstreekse terugvoering met Google Sheets en verslae hou jou heeltyd op hoogte met wat op die plaas aangaan.
- ’n E-pos-waarskuwingstelsel stuur vir jou kennisgewings wanneer die silo’s ’n sekere vlak bereik, wat beteken jy word nooit onkant gevang nie.
- Die webblad wat met dié stelses werk, is geskik vir enige toestel, wat beteken jy kan maklik inskakel met die slimfoon of tablet wat jy reeds het.
- Data-integrasiediens – sinchronisering, organisering en outomatisering van die kliënt se verhoudings met ’n onderneming.
As jy meer wil weet, gaan na arccwc.co.za.