
Is jou kroos lief vir die plaas en vir boer? Ken hulle die seisoene, en wag vir die reën om te kom?
Dis nie net grootmense wat kan boer nie – die jongklomp kan mos ook! Hetsy dan nou op die plaas of sommer in die agtertuin…
Ons wil daardie nuwe generasie landbouliefhebbers in ’n reeks aanlyn videos vier.
Huisgenoot en Landbouweekblad is op soek na Suid-Afrika se junior boertjies, en wil spesiale videos maak van die oulikste finaliste. Dié videos sal op ons webtuistes verskyn, en lesers sal dan stem vir hul gunsteling- jong boere.
Skryf jou kind of tiener in – miskien kry jou spruit sy of haar oomblik in die kollig!
Elke kategoriewenner kan wegstap met R10 000 kontant!
HOE WERK DIT?
1. Daar is twee kategorieë: vir jong kinders van 3 tot 10, en vir ouer kinders van 11 tot 18.
2. Klik op hierdie skakel wat jou sal neem na ons spesiale aanlyn Junior Boertjie-kompetisie.
3. Klik op die inskrywingsvorm op die kompetisieblad en vul dan jou kind of tiener se besonderhede in, asook jou eie besonderhede.
4. Laai ’n foto van jou spruit op saam met ’n kort motivering oor jou kind se liefde vir boer.
5. Huisgenoot en Landbouweekblad sal die finaliste aanwys, en finaliste kontak om van elkeen ’n spesiale video te kom maak.
6. Dié videos sal gepubliseer word op ’n spesiale aanlyn blad op Huisgenoot.com en Landbou.com, en lesers kan dan vir hul gunstelingboertjies in albei kategorieë stem.
7. Die wenners se verhale sal verskyn in Huisgenoot en Landbouweekblad – en stap elkeen weg met ’n lekker kontantprys van R10 000!
8. Skryf sommer nou in – die inskrywings open op 1 September en sluit op 11 Oktober.
9. Klik hier om te gaan na die kompetisieblad met al die inligting en die inskrywingsvorm!