AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kan SA se logistieke krisis die sitrusbedryf se groeitrajek ontspoor?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Landbouweekblad
Foto: Landbouweekblad
Suid-Afrika is naas Spanje die grootste uitvoerder van sitrus ter wêreld is.

’n Taamlik onbekende kompliment vir ’n land wat geneig is om op die ongunstige te konsentreer, is dat Suid-Afrika naas Spanje die grootste uitvoerder van sitrus ter wêreld is. Suid-Afrika is die grootste uitvoerland in die Suidelike Halfrond en die wêreldleier in langafstand-uitvoer.

Uitvoer is verantwoordelik vir 95% van sitrus se verdienste. Die sitrusbedryf het wyn in 2010 verbygesteek as Suid-Afrika se grootste landbou-uitvoerproduk. Dit verskaf werk aan sowat 120 000 mense, wat dit die grootste werkgewer in die landboubedryf maak. 

Sitrus – ekonomie se skitterende ster

Die uitsonderlike prestasie van die sitrusbedryf het produksie van 2019 tot 2020 met 25% laat groei, wat die bedryf een van die suksesverhale in ’n treurige jaar vir ekonomiese groei maak. Met ’n paar weke van die 2021-uitvoerseisoen oor, sal die uitset na verwagting met nog 6% groei van 150 miljoen kartonhouers wat in 2020 geproduseer is, tot 159 miljoen kartonhouers vanjaar. Dit is effens minder as die geprojekteerde 163 miljoen kartonhouers, grootliks weens kleiner vrugte as wat verwag is. Die sterker rand sal ook ’n kleiner inkomste aan die plase beteken.

Hierdie statistieke dui op die groot bydrae van die sitrusbedryf tot  indiensneming, uitvoerverdienste en ekonomie. Dit is veral opmerklik gegewe die groot probleme wat die bedryf vanjaar te bowe moes kom, insluitende die gewelddadige onluste en kuberaanvalle op Suid-Afrikaanse hawens, wat groot logistieke terugslae op ’n deurslaggewende tyd van die oes- en uitvoerseisoen tot gevolg gehad het. Op eg Suid-Afrikaanse wyse het belanghebbendes in die sitrusbedryf “ ’n plan gemaak” en die hele waardeketting verdien dawerende applous. 

Logistiek vereis dringend aandag

Op lang termyn is daar toenemende kommer oor die wesenlike impak wat Suid-Afrika se verswakkende logistieke infrastruktuur op die bedryf en sy beduidende bydrae tot die ekonomie kan hê. Die probleem sal al hoe groter word as dit nie onmiddellik getakel word nie, aangesien sitrusproduksie in die volgende vyf jaar na verwagting tot 200 miljoen kartonhouers kan groei en tot 260 miljoen kartonhouers teen 2030.

Die uitgestrekte geografiese verspreiding van die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf beteken dat sommige produsente vrugte meer as 1 000 km na hul naaste hawe moet vervoer. Die padinfrastruktuur bied dus die eerste kwessie. Verkeer hoop veral erg op in en om die Durbanhawe. Boonop het groot graanoeste die afgelope twee jaar met rekord-sitrusoeste saamgeval.

Daarna was dit die onluste in Julie. Veiligheid op die paaie het ’n nuwe bekommernis geword, asook die impak wat die onluste op uitvoer gehad het. Die sitrusbedryf se groot terugslag was die onvermoë om te verskeep, wat verlore markgeleentheid beteken, bykomende vervoer-, arbeids- en opbergingskoste, en potensiële eise as die gehalte van die vrugte afneem weens ’n onderbreking in die koueketting.

Padhindernisse is egter gering vergeleke met dié van die hawens: In die Wêreldbank en IHS Markit se vergelykende beoordeling van vraghouerhawe-prestasies was Suid-Afrika se hawens in Kaapstad, Gqeberha, Durban en Coega aan die onderpunt van 351 hawens wêreldwyd.

Suid-Afrikaanse hawens werk teen ongeveer 30% van internasionale norme, wat beteken dat hulle ’n derde hanteer van wat hulle veronderstel is om per dag te hanteer wat die op- en aflaai van vraghouers betref. Voeg daarby die ontwrigting by globale skeepsrederye, die groeiende tekorte aan en koste van vraghouerskepe weens die covid-19-pandemie, die diefstal van Transnet-infrastruktuur en meer onlangs die kuberaanvalle op Suid-Afrikaanse hawe. Dit toon duidelik dat die kwessies by hawens die uitstekende pogings van die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf bedreig. 

Is daar ’n plan?

Die goeie nuus is dat daar gekoördineerde pogings tussen groot logistieke belanghebbendes soos Transnet en landbou-organisasies is om die probleme aan te pak wat uitvoer na wêreldmarkte knel. Sowat 80% van Suid-Afrika se landbouprodukte word byvoorbeeld padlangs vervoer, maar ’n skuif van pad- na spoorvervoer sal groter beleggings en sekuriteit by spoorlyne verg om die voortdurende diefstal van Transnet-infrastruktuur uit te skakel.

Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika werk nou saam met Transnet Freight Rail om die spoorvervoer van landbougewasse te verhoog.

Daarbenewens het die vereniging ’n medium- en langtermynplan ontwikkel om die druk rondom logistiek te verlig, wat insluit die vind van alternatiewe vir Transnet-bedryfde hawens, die verkryging van bykomende gespesialiseerde koelskepe gedurende die sitrusseisoen en ’n toegewyde, gespesialiseerde koelskipdiens tussen Kaapstad, en die Europese Unie en Brittanje. Koelskepe is verkoelde vragskepe wat tipies gebruik word om goedere te vervoer waar die koueketting nie onderbreek mag word nie. Hulle is ook vinniger om te laai, wat hul omkeertye in Suid-Afrikaanse hawens korter maak. 

Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika het ook ’n dringende behoefte geïdentifiseer aan verhoogde deelname deur die private sektor, ’n siening waarmee belanghebbendes in die openbare sektor blyk saam te stem, aangesien hulle samesprekings tussen die regering, logistieke belanghebbendes en potensiële beleggers aan die gang sit om belegging in die hawens te mobiliseer.

Trouens, die departement van openbare ondernemings het onlangs ’n meesterplan vir die Durbanhawe aangekondig om R100 miljard se potensiële private beleggings oor die volgende 10 jaar in die hawe-infrastruktuur, terminale en vrag-infrastruktuur te lok. Die plan is daarop gemik om die groei van die hawe se jaarlikse houerhanteringskapasiteit te versnel, met aansienlike verdieping en verbreding van die vasmeerplek om die vasmering van die grootste vaartuie ter wêreld moontlik te maak.

Die plan behels ook dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se vlootbasis en die grootmaatterminaal, wat die petroleum-, chemikalieë-, plantolie- en smeermiddelbedrywighede huisves, na Richardsbaai verskuif, wat ’n nywerheidshawe sal word. Die plan sluit ook opknappings aan die pad- en spoorwegnetwerk rondom die hawe en stad in om die hoë volumes vragmotors wat bottelnekke veroorsaak, te beperk. Die Cato Ridge-gebied sal ontwikkel word in ’n privaatsektor-gedrewe industriële groepering wat die N3-snelweg vanaf die hawe met die spoorlyn verbind. Daar is dus tekens dat Suid-Afrika uiteindelik in die regte rigting beweeg.

Vir die sitrusbedryf, soos met die res van die landboubedryf, is dit noodsaaklik om voort te gaan om gebiede te identifiseer wat verbeter moet word, en met belangrike logistieke belanghebbendes en die regering te skakel om oplossings te vind.

Soos altyd sal Nedbank die hele landbouwaardeketting deur hierdie proses ondersteun en help waar moontlik. Logistiek is die lewensbloed van die sukses van die plaaslike landbou-uitvoerbedryf en behoort ’n langtermyn- en strategiese fokusarea vir Suid-Afrika te wees. 

Hierdie artikel is slegs bedoel vir algemene inligtingsdoeleindes en is nie regsadvies nie.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.59
+1.4%
Rand - Pond
20.14
+0.3%
Rand - Euro
17.56
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.44
+1.6%
Rand - Jen
0.12
+1.1%
Goud
1,727.35
+1.6%
Silwer
21.19
+2.3%
Palladium
2,337.47
+5.1%
Platinum
936.50
+3.5%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot