AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kersboodskap aan VKB se belanghebbers

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van VKB.
Mnr. Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van VKB.
Die jaar staan einde se kant toe en die feestyd lê voor.

Met sy Kersboodskap gee mnr. Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van VKB, ’n bestekopname van die jaar en wens hy alle belanghebbers ’n geseënde Kersfees toe. Hier volg sy boodskap.

“Nog ’n uitdagende jaar is agter die rug. ’n Jaar waarin die virus ons nog nie wou los nie en ons steeds in isolasie en agter maskers moes lewe. Die tyd gaan so vinnig verby ’n mens nie kan glo ons leef al bykans twee jaar in hierdie onsekere en abnormale omstandighede nie.

Kersfeestyd

“ ’n Mens kan ook amper nie dink dat dit al weer tyd is om Kersfees te vier nie. Gelukkig is Kersfees ’n wonderlike tyd in die meeste van ons se lewe. Kersfees bied ’n ruskans ná ’n lang jaar se arbeid. Dit gee ons die geleentheid om te reflekteer op die afgelope jaar se voorspoed en teenspoed. ’n Tyd om lesse te leer uit ons ervarings van die afgelope jaar sodat ons die nuwe jaar kan bou op die fondamente van die positiewe ervarings van die afgelope jaar. 

“Dis ’n wonderlike geleentheid om saam met familie en geliefdes te wees. Ons raak soms so meegevoer deur die eise van die vinnige samelewing waarin ons leef dat ons nie genoeg tyd spandeer aan die mense vir wie ons lief is nie, totdat daardie geleenthede vir ewig verby is. Vanjaar dink ons in besonder aan familie, kollegas en vriende wat hierdie jaar vir die eerste keer ’n Kersfees sonder ’n geliefde deurbring. 

“Mag ons in hierdie tyd ook reflekteer oor al die seëninge in ons lewe. Ons aanvaar soveel dinge as vanselfsprekend, totdat dit op ’n dag nie meer so is nie. As ons om ons rondkyk, is daar soveel om oor dankbaar te wees. Daar is mense wat veel minder het as ons, maar steeds tevrede is bloot omdat hulle op die opbouende fokus. Só ervaar hulle inherente vrede.

“Die belangrikste van alles is dat Kersfees ’n geleentheid is om boeke te vat oor ons geestelike lewe. ’n Tyd wat ons met dankbaarheid die grootste geskenk van alle tye moet ontvang, naamlik die ewige lewe wat Jesus Christus deur sy kruisdood vir elkeen van ons moontlik gemaak het.

“Mag Kersfees 2021 vir elkeen van VKB se mense ’n ware Christusfees en ’n baie geseënde Kersfees wees.

Besigheid beur voort 

“Kersfees beteken nog ’n jaar is verby. Uit ’n besigheidsoogpunt was 2021 ’n uitdagende jaar, maar een waarin ons beter aangepas het by die onseker omstandighede. Dit was ’n jaar waarin die meeste VKB-mense weereens hulle allerbeste vir die maatskappy gegee het ten spyte van baie uitdagings. Daarvoor wil ons vir elkeen van hulle dankie sê en erkenning gee vir die besonderse bydrae wat elkeen op sy of haar gebied gelewer het.

“Landbouprodusente is die spil waarom ons besigheid draai. Ons wil vir die produsente dankie sê vir hul lojale ondersteuning die afgelope jaar. In die nuwe jaar gaan ons probeer om op alle terreine ons diens te verbeter.

“Ons wil ook vir die Hemelse Vader dankie sê vir die seën wat Hy oor ons besigheid en ons mense uitgestort het. Dit was vir baie ’n uiters moeilike jaar en baie ondernemings het nie oorleef nie. Ons boekjaar is reeds ver gevorder en dit is met groot dankbaarheid dat ons kan sê dat dit ’n baie goeie jaar vir VKB is.

“Ek wens vir elkeen van julle en jul geliefdes net die beste wense toe vir 2022. Mag dit vir VKB en al sy belanghebbers ’n wonderlike, voorspoedige jaar wees.” 


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.1%
Rand - Pond
20.03
+0.3%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,712.70
-0.0%
Silwer
20.78
+0.6%
Palladium
2,266.50
+0.2%
Platinum
930.00
+0.5%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot