AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Kry somerbesparings by dié aanlyn winkel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kry hierdie feesseisoen jou somerbesparings by die nuwe Agrimark Aanlyn-winkel. Dié winkel se reeks uitsoekprodukte vir die swembad, tuin, besproeiing, buitelug en selfdoenprojekte maak die voorbereiding vir ’n Suid-Afrikaanse somer moeiteloos.

Van ’n sprankelende swembad tot die sny van die grasperk of die aansteek van die braaivleisvuur: Agrimark Aanlyn sal jou aan die gang kry. Met die aankondiging van die amptelike bekendstelling in September het Kaap Agri se uitvoerende hoof, mnr. Sean Walsh, gesê die aanlyn winkel weerspieël die unieke reeks produkte waarvoor Agrimark bekend geraak het.

“Die e-katalogus bevat meer as 40 000 produkte in 25 kategorieë wat wissel van kamptoerusting tot gereedskap, kunsmis tot troeteldierprodukte, verf tot boumateriaal en al die unieke landbou-leefstylprodukte wat die groep bied.”

Uitgesoekte reeks aanlyn te koop

Hier kry jy van ’n skottelbraai tot ’n kabelbinder. Die e-katalogus sluit ook Agrimark se kenmerkende reeks besproeiingsprodukte in, asook spesialisprodukte soos onderdele, bybehore en plaastoerusting van Agrimark Mechanisation. 

’n Uitgesoekte reeks van 7 500 produkte is beskikbaar vir aanlyn aankope. Hierdie produkte is in voorraad in die groep se verspreidingsentrum in die Paarl, vanwaar die bestellings uitgevoer word.

“Deurlopende verbetering is deel van enige e-handelsreis, en ons sal aanhou om die reeks items wat aanlyn gekoop kan word, uit te brei,” sê Walsh. 

Moeitelose snuffel en koopervaring

Die groep se belegging in nuwe bestuurstelsels vir sy voorsieningsketting werp vrugte af ten opsigte van voorraadbeskikbaarheid, -sigbaarheid en prysstruktuur.

“Klante verwag ’n moeitelose koopervaring, of dit aanlyn of in die winkel self is. Die produkpryse aanlyn stem ooreen met dié van die fisieke winkels. Kliënte kan ook vooraf kyk of ’n bepaalde produk beskikbaar is by hul plaaslike Agrimark. Die aanlyn winkel voorsien ook aan rekeninghouers die opsie om op rekening te koop.” 

Tuisaflewering 

Agrimark Aanlyn doen landwyd aflewerings deur middel van sy logistiekvennoot, Dawn Wing. Indien ’n gebruiker op ‘n plaas woon, is daar selfs die opsie om ’n digitale plekspykertjie van die plaas se ligging te verskaf om die afleweringsproses te vergemaklik.

“Ons wil hê produsente, families en vriende op enige plek in Suid-Afrika moet voel dat hulle ’n Agrimark op wiele het!”

Agrimark logo
Navrae:
Agrimark Aanlyn, webblad: www.agrimark.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.57
-5.0%
Palladium
1,621.00
-2.9%
Goud
1,865.26
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot