
PomaBrush neem tande borsel na die volgende vlak. Geposisioneer as “die Apple van tandeborsels”, is dit die toekoms van tande borsel. Die tandeborsel is gemaak van medies-gegradeerde silikon en ontwerp om gerieflik in jou hand te pas.
Danksy die innoverende nylon- en silikon-borselkoppe, wat teen ’n dinamiese 15 000 vibrasies per minuut beweeg, borsel die PomaBrush jou tande tien keer skoner as ander tandeborsels – en verwyder plaak moeiteloos, terwyl dit steeds sag op sensitiewe tande en tandvleise druk. Die PomaBrush is die resultaat wanneer tegnologiese vooruitgang in tandsorg en bekroonde ontwerp mekaar ontmoet.
Die PomaBrush hoef net drie keer per jaar herlaai te word, en het ’n ingeboude 2-minuut-tydhouer wat die vibrasies elke 30 sekondes tydelik stop sodat jy kan weet dis tyd om ’n ander kwart van jou tande te borsel.
Ontwerp met gemak in gedagte, het dit ook ’n USB-C-herlaai-opening en ’n reisvriendelike houer, perfek vir mense altyd op pad iewers heen. Danksy die silikonhare hoef die tandeborselkop net elke ses maande vervang te word. Die meeste tandeborsels se kop moet ná twee tot drie maande vervang word – so dit is minder moeite vir die gebruiker, en minder skadelik vir die omgewing.
Kry jou PomaBrush hier
Die PomaBrush is gerieflik beskikbaar deur PomaDent en sy eksklusiewe vennoot, GoShopping. Aflewering is gratis, plus jy kry uitstekende naverkope-steun en kliëntediens.
Wees op die uitkyk vir die volgende ongelooflike tandgesondheidproduk van PomaDent in die volgende paar maande: die ultradoeltreffende Poma Water Flosser. Deur Payflex kan jy rentevrye paaiemente en onmiddellike aflewering geniet.
Meer oor PomaDent
PomaBrush is nou landwyd beskikbaar danksy PomaDent – die eksklusiewe Suid-Afrikaanse verskaffer van dié bekroonde elektriese tandeborsel.
PomaDent is geleë in Somerset-Wes en word bestuur deur KlickSense en deur GoShopping verskaf. Gestig in 2017, is die moedermaatskappy ’n boetiek- digitale bemarkingsagentskap gebaseer in Brittanje en Suid-Afrika, wat spesialiseer in gefokusde betaalde media, terwyl GoShopping spesialiseer in e-handelverkope en aflewerings.
Gebore uit sy assosiasie met GoShopping, en bemarking vir ortodontiese spesialiste in die VSA, is PomaDent se doelwit om tandsorg toeganklik te maak vir almal deur goeie bemarking en ’n hoëgehalte-produk wat werklik goed is vir tande borsel.