
Adventure Air is by die Wonderboom-lughawe in Gauteng gesetel.
Die maatskappy spesialiseer in volledige binne-opknapping, van dakvoerings, vensterpanele, sypanele, anti-skitterskerms, matte en harnasse tot sitplekke. Sy reeks sluit volledige afwerkings in. Die maatskappy is daarop toegespits om die gehaltestandaarde te verhoog en die besigheid as ’n geheel te laat groei, met tevrede kliënte as sy hoofdoel.
Adventure Air het ’n vliegtuigverfaanleg wat ten volle opgeknap is volgens sy streng standaarde. Met behulp van sy eie proses-, verf- en gehaltekundiges, saam met die nuutste elektro-statiese toerusting, bied Adventure Air sy kliënte ’n betroubare verfafwerking van hoë gehalte wat ’n vliegtuig jare lank wonderlik sal laat lyk.
Adventure Air ontwerp en rig die binnekant van ’n vliegtuig in volgens ’n kliënt se behoeftes. Adventure Air verskaf ’n volledige vliegtuigopknappings- en monteerdiens van topgehalte vir klein tot mediumgrootte vliegtuie aan die vliegtuigbedryf.
Vliegtuig te koop
Adventure Air bied tans drie van sy modelle te koop aan: die Zenith Stol CH 750 Super Duty, Zenith Stol CH 750 en die Zenith CH 750 Cruzer.
Zenith Stol CH 750 Super Duty EN Zenith Stol CH 750
Albei modelle het ’n besonder kort opstyg- en landingstyd, bied ’n baie doeltreffende vlug aan, is gemaklik en het sitplekke langs mekaar. Die vliegtuie het ook groot oopswaaideure vir gemaklike kajuittoegang.
Die modelle het wonderlike bosvliegtuigvermoëns en bied sigbaarheid reg rondom. Dit het driewieltoerusting vir eenvoud en doeltreffendheid, en navigeer sy weg deur die wolke met ’n Garmin G3X.
Die Zenith Stol CH 750 Super Duty het ook ’n ruim bagasie-area met ’n agterste klapstoel. Sy enjin is ’n Titan IOX 370 (145-150 kW) en hy het twee Sensenich-skroeflemme.
Die Zenith Stol CH 750 het ’n Rotax 912 ULS-enjin (70-75 kW) met ’n drielem-Warpdrive HPL-skroeflem.
Zenith CH 750 Cruzer
Hierdie model is ’n veldvliegtuig, maar tog het hy ook gemaklike sitplekke langs mekaar en groot opswaaideure vir maklike kajuittoegang. Die vliegtuig het steeds tipiese (lughawe-) vermoëns en het sigbaarheid reg rondom. Die vliegtuig het ’n Rotax 912 ULS-enjin (70-75 kW) en ’n drielem-Warpdrive HPL-skroeflem en maak ook gebruik van die Garmin G3X-navigasiestelsel.
Me. Vanessa Sherrard, 084 533 2095, e-pos: v.sherrard@venture-sa.co.za.
Mev. Lande Milne , 066 472 7848 , e-pos: l.milne@venture-sa.co.za.