AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9355
-83,00
CORN
27 Sep
-
4745
-63,00
SOYA
27 Sep
-
8700
-9,00
SUNS
27 Sep
-
9870
-98,00
WEAT
27 Sep
-
7035
-23,00
WMAZ
27 Sep
-
4824,4
-41,60
YMAZ
27 Sep
-
4752
-31,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Kynoch is reg vir die toekoms

akkreditasie
Me. Colette Horn is onlangs aangestel as hoofbestuurder van Kynoch in Suid-Afrika. Sy is die eerste vrou wat dié pos beklee.
Me. Colette Horn is onlangs aangestel as hoofbestuurder van Kynoch in Suid-Afrika. Sy is die eerste vrou wat dié pos beklee.
Die Kynoch-handelsmerk, met sy wortels in Ierland, is meer as 100 jaar oud en is al sedert 1919 ’n baanbreker in die kunsmisbedryf in Suid-Afrika. Nou het hy weer grense verskuif met die aanstelling van me. Colette Horn as hoofbestuurder. Sy is die eerste vrou in dié pos in die 103 jaar wat die maatskappy in dié land is.

Hoewel me. Colette Horn glo harde werk en menseverhoudinge bepaal waar ’n mens uitkom, voel sy ook bevoorreg om die geleentheid as hoofbestuurder van Kynoch in Suid-Afrika te kry.

“Dit is ongelooflik dat Kynoch, wat deel vorm van die internasionale groep ETG, bereid is om vir vroue gelyke geleenthede op alle vlakke te bied. Dit was voorheen ongehoord in veral die kunsmisbedryf en dis ’n voorreg om die geleentheid gebied te word,” sê sy.

Horn het haar loopbaan by Bester Voer en Graan begin nadat sy die graad BComHons in bestuursrekeningkunde aan die Universiteit Stellenbosch behaal het. Daarna het sy haar by Moore Stephens Management in Stellenbosch aangesluit waar sy ná ’n jaar tot ’n bestuurspos bevorder is. Sy het ook haar Cima-kwalifikasie (Chartered Institute of Management Accountants) verwerf en ’n leerkontrak vir Saipa (Suid-Afrikaanse instituut vir professionele rekenmeesters) voltooi.

Dit was egter die verhuising van haar gesin na Douglas in die Noord-Kaap wat haar in die rigting van die kunsmisbedryf gestuur het. 

“My man wou nader wees aan sy familieplaas tussen Prieska en Douglas. Toe hy ’n pos by GWK in die Noord-Kaap kry, het ek my werk bedank en sak en pak saamgetrek. Ek was toe op ’n klein dorp en moes begin werk soek. Die eerste pos wat oopgegaan het, was in die finansiesafdeling by Sidi Parani, wat die kunsmisvervaardiger in die Noord-Kaap was. Dit was blote toeval,” vertel sy vandag vanaf Douglas waar sy steeds woon.

Sidi Parani het ’n groot teenwoordigheid gehad in die vloeibarekunsmisbedryf, veral in die Noord-Kaap, Noordwes en Wes-Vrystaat.

Sy het gevorder van rekenmeester tot finansiële bestuurder en het teen September 2018 die rol van hoofbestuurder en direkteur van Sidi Parani ingeneem. In Maart 2020 het sy haar by Kynoch Fertilizer aangesluit as hoofbestuurder ná die samesmelting van die kunsmisondernemings Sidi Parani, Profert en Kynoch. 

Hoewel Horn die korporatiewe leer na bo geklim het en vandag gereeld Sandton toe reis om tyd in die kantoor daar te deur te bring, is sy eintlik steeds ’n plaasmeisie wat hou van die buitelug en plaaslewe.

“Ek kom van ’n appelplaas in die Langkloof af naby ’n dorpie met die naam Misgund. Dis so 40 km van Uniondale af. My ouers boer steeds daar. Ek het daar grootgeword en is nog altyd aan die boerderybedrywighede blootgestel.”

Hierdie agtergrond gee haar ’n liefde en begrip vir die landboubedryf en wat boere deurgaan, veral in die huidige onseker tyd. Ván die kwessies sluit in stygende kunsmispryse, droogte en skade weens die onluste, maar haar geloof in boeregemeenskappe wat sterk is wanneer hulle saamstaan, is groot.

“Boere moet saamstaan in moeilike tye en aanhou glo. Omring jouself met optimistiese mense en kundiges op alle gebiede wat jou die regte kennis en leiding kan gee. Sodoende kan jy die risiko vir jou boerdery of besigheid beperk.”

Sy is opgewonde oor wat vir die kunsmisbedryf en Kynoch voorlê, veral hoe tegnologie gebruik kan word om landbouprobleme op plantvoedingsvlak op te los. 

“Dis opwindende tye met die uitbouing van nuwe tegnologie en Kynoch strewe altyd om aan die voorpunt van tegnologie en ontwikkeling te bly. Daarom is ons leuse: ‘Enhanced efficiency through innovation’. Wees gerus op die uitkyk vir ons nuwe reeks produkte wat binnekort bekend gestel gaan word.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
+0.8%
Rand - Pond
19.41
-0.4%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.64
+0.3%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,637.82
+0.9%
Silwer
18.70
+1.9%
Palladium
2,053.50
+0.5%
Platinum
861.00
+0.9%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,047
-0.4%
Alle aandele
63,371
-0.4%
Hulpbronne 10
55,996
-0.4%
Industriële 25
79,076
-0.6%
Finansiële 15
13,985
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons sien
Ek lewe vir die buitelewe en die bos. Ek hou van jag, visvang, herlaai en skiet. My uitkyk op die lewe is om altyd eerlik te wees. Ek geniet intelligente geselskap.
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot