
Trekkers, stropers, planters, hoogloopspuite, ploeë en selfs ’n bakkie of twee is te koop op Brocor Auctions se massiewe veiling van los landboutoerusting wat op 28 Februarie buite Potchefstroom in Noordwes gehou word.
Die lys van werktuie sal enige boer wat op soek is na plaaswerktuie wat goed onderhou is, na sy beursie laat gryp. Op aanbod is onder meer agt John Deere-trekkers in verskeie modelle, asook twee Case JX110-trekkers en ’n Fiat 640. Daar is ook stropers en strooptafels om uit te kies, soos twee New Holland CR 9060’s, twee Case 1030’s en talle John Deere-stropers, van ’n 9670 STS tot ’n 925 R met ’n koringtafel. Van die planters en spuite wat op aanbod is, is twee DB Extreme 20-ry-vloeibarekunsmisplanters, een 12-ry-John Deere 2122-mielieplanter en een Peak-hoogloopspuit.
Voeg hierby twee Agrico/Erdvark-rolmoere, vier John Deere 825-skoffels, twee sesskaar-Soilmaster-ploeë, een drieskaar-Vetsakploeg, en meer, en jy het ’n veilingaanbieding wat ’n boer nie kan bekostig om misloop nie. Daar is selfs voertuie soos ’n 2,8 Isuzu-bakkie, 307 Peugeot, Ford Triton-drietonvragmotor en Cat 910-laaigraaf beskikbaar.
Die veiling word gehou met die samewerking van Castello-boerdery en ander. Castello is die ankerverkoper.
Ook beskikbaar op die dag is die Around the World-trouplaas waar die veiling aangebied word. Around the World is ’n klein historiese plaas op die oewer van die Mooirivier. Op die stuk grond staan ’n kerkie, ’n onthaalsaal en twee kothuise. Benewens die trougeriewe het die plaas ook ’n drieslaapkamerhuis met ’n swembad, werkwinkel en buite kuierarea. Daar is ook ’n tweeslaapkamerwoonstel.
Alles wat op aanbod is, kan twee dae voor die veiling besigtig word, asook vanaf 08:00 op die dag van die veiling. Die veiling begin om 11:00 by Around the World Wedding Venue, buite Potchefstroom op die Carletonville-pad. Registrasie vir die veiling vind op die dag plaas. Diegene wat aanlyn wil bie, kan by www.meerkantonline.co.za registreer. Hinterland hou ook ’n uitstalling op die dag.
Vir die volledige katalogus besoek Brocor se Facebook-blad by HIER