AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Landini bedank die boer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Landini bedank al sy kliënte vir hul ondersteuning. Dié maatskappy is dankbaar teenoor elke boer in die land vir wat hulle landbou beteken.
Landini bedank al sy kliënte vir hul ondersteuning. Dié maatskappy is dankbaar teenoor elke boer in die land vir wat hulle landbou beteken.
Met Landini kry produsente die beste waarde op hul meganisasiebelegging.

Uit die daaglikse gespreksagenda, is dit duidelik dat die waarde van die boer dikwels nie na waarde geag word nie. Boere produseer egter nie net voedsel en vesel nie, maar is ook die gom wat die plattelandse samelewing bind, terwyl hulle daagliks ’n verskeidenheid uiteenlopende kwessies die hoof moet bied.

“Landbouprodusente is die grootste bate waaroor Suid-Afrika beskik. Hulle lewer ’n beduidende bydrae om ’n volhoubare toekoms vir elkeen in die land te skep. Ons kan nie anders as om dankbaar te wees teenoor ons land se produsente nie,” sê mnr. Godfried Heydenrych, besturende direkteur van Argo Trekkers SA.

“Die veranderlikes in die landbou is omvangryk en in die huidige landbouklimaat moet produsente toesien dat hulle die beste waarde op hul beleggings realiseer. Uit ’n meganisasie-oogpunt het Argo een doel voor oë, en dit is om gehalteprodukte teen bekostigbare pryse aan die boer te verskaf.”

Die Landini Rex-reeks gespesialiseerde trekkers en die Landini Powerfarm-kajuitreeks is met moderne tegnologie toegerus om in elke behoefte van die boer te voorsien. Die trekkers se verbeterde enjins bied doeltreffende werkverrigting, optimale brandstofverbruik en ’n langer enjinlewe wat bydra tot kostebesparings en verhoogde wins. Die trekkers is ook doelgerig ontwerp en vervaardig om onderhoud, diens, herstelwerk, staantyd en bedryfskoste te verminder.

Voorbeelde hiervan is die nuwe Landini REX-reeks wat beskikbaar is in ’n kajuit- of platformopsie. Dit is uiters geskik vir gespesialiseerde take op die plaas. Maksimum betroubaarheid, gebruikersgerief en maklike onderhoud is ’n wenkombinasie op enige plaas.

In hierdie trekkerreeks is die maksimum kraglewering van die viersilinder-Perkins 1104D-enjin van 55 kW tot 82 kW. Dit voldoen aan vlak 3-vereistes vir verminderde vrystellings. Die 100-, 110-en 120-modelle het ’n turbo-tussenverkoeler.

Die nuwe Landini Powerfarm-reeks het ’n Perkins 1104D-enjin van 4,4 liter wat van 69 kW tot 82 kW lewer, na gelang van die model. Al drie modelle in die reeks naamlik die 100, 110 en 120 het ’n turbo-aanjaer en tussenverkoeler.

Wat die Powerfarm-reeks laat uitstaan, is die elektries-hidrouliese vierwielskakeling met ’n stuurhoek van 55°. Die trekker kan bykomend met die Hydralock-remstelsel en die beperkteglip-ewenaarstelsel (limited slip-stelsel) met hidrouliese skakeling toegerus word om 100% rem te verseker.

Albei reekse trekkers is beskikbaar met verskeie ratkasopsies. Die Powerfarm-reeks word standaard toegerus met ’n hidrouliese koppelaar wat as RPS (Reverse Power Shuttle) bekend staan, en dit is opsioneel in die Rex-reeks beskikbaar. Hierdie koppelaar bring veelsydigheid mee en stel die operateur in staat om van rigting te verander sonder dat dit nodig is om die koppelaarpedaal te gebruik. Dit verlaag ook onderhoudskoste omdat die koppelaarstelsel deurentyd deur die transmissie-olie verkoel en gesmeer word. In die Powerfarm-reeks is ’n 12+12-ratkasopsie teen ’n spoed van 40 km/h, of ‘n 16+16-opsie met ’n kruiprat beskikbaar. Nog ratkasopsies is die hidrouliese driegangkragskakeling wat die ratopsies drievoudig vermeerder en ’n totaal van 36 ratte vorentoe en 12 truratte bied.

“Produsente moet die beste waarde op hul meganisasiebelegging realiseer en met die toegevoegde waarde wat Landini bied, is hierdie doelwit moontlik,” sê Heydenrych. “Ons wil graag ons kliënte bedank vir hul ondersteuning. Dit is ’n besondere voorreg om met die produsente in Suid-Afrika besigheid te doen. Ons is dankbaar teenoor elke boer in die land vir wat hulle vir die landbou en die breë samelewing beteken.”

NAVRAE
Landini, web: www.landini.it/za


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot