AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Limousin-beesras verskuif grense

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Xourel Italia is op Devlan Limousins se veiling vir die rekordbedrag van R1 200 000 van die hand gesit. FOTO: VERSKAF
Xourel Italia is op Devlan Limousins se veiling vir die rekordbedrag van R1 200 000 van die hand gesit. FOTO: VERSKAF
Die Limousin-beesras se gewildheid kan grootliks toegeskryf word aan die tipe diere wat nou geteel word.

Toenemende belangstelling in die Limousin-beesras het meegebring dat die telersgenootskap onlangs ’n naamsverandering ondergaan het. Die genootskap staan nou bekend as The Limousin Cattle Breeders’ Society of Southern Africa ten einde stoettelers van Botswana, Zambië en Zimbabwe te akkommodeer. Daar is tans ook wye belangstelling in Mosambiek met die eerste diere wat reeds daarheen uitgevoer is.

Die gewildheid van die ras kan grootliks toegeskryf word aan die tipe diere wat nou geteel word. Volgens die internasionale beoordelaar en kenner mnr. PJ Budler (VSA) beskik die Suid-Afrikaanse Limousin oor die eienskappe waarna in die buiteland gestreef word, naamlik mediumraam-, aanpasbare diere met ’n effens sagter spier. Hierdie diere is uiters gesog vir kruisteling en die feit dat hulle in enige omgewing aanpas, maak hulle baie gewild in die buurlande.

Verskeie geleenthede is deur die loop van die afgelope jaar aangebied, onder meer ’n rasstandaardedag, tesame met ’n beoordelaarskursus wat deur plaaslike en internasionale belangstellendes bygewoon is. Op die onlangse driejaarlikse nasionale kampioenskap wat by die Bloemskou afgehandel is, is ongeveer 140 diere van hoogstaande gehalte vertoon.

Die vraag na Limousin-teelmateriaal word duidelik weerspieël in die feit dat die nasionale rekordprys vir ’n bul drie keer gedurende die afgelope tien maande verbeter is met twee bulle wat tydens La Rhone Limousins se Signature Sale vir R900 000 elk verkoop is en Xourel Italia wat op Devlan Limousins se veiling vir die rekordbedrag van R1 200 000 van die hand gesit is. Hierdie bul is deur die Xourel-stoet van die Le Roux-familie in Lichtenburg geteel.

’n Professionele uitstalling op die Nampo-oesdag 2022 waar stoet- en kommersiële diere, asook advertensiemateriaal uitgestal is, het baie belangstelling gelok.

Telers word voortdurend op hoogte gehou van die nuutste neigings in die vleis- en stoetbedryf. Elke teler ontvang jaarliks ’n besoek van ’n gekwalifiseerde keurder, wat seker maak dat die raseienskappe voortdurend verbeter word. Kundige advies word ook tydens hierdie besoeke verskaf.

Daar word jaarliks ’n glansjoernaal gepubliseer waarin telers en ander belandhebbendes die geleentheid het om met advertensies hul teelmateriaal en produkte bekend te stel. Verskeie vak- en tegniese artikels verskaf ook waardevolle inligting aan bestaande en voornemende telers. ’n Digitale nuusbrief wat die jongste nuusbrokkies en inligting bevat, word twee maal per jaar versprei. Elke uitgawe konsentreer op ’n spesifieke stoetteler, asook ’n kommersiële teler.

Die Limousin-telersgenootskap word gekenmerk deur ’n besondere gees van samesyn en eenheid onder lede wat saamwerk tot voordeel en groei van die genootskap. Die genootskap word bestuur deur ’n jong, dinamiese raad met ’n visie en doelwit tot voordeel en volhoubaarheid van die ras.

Daar is onlangs ongeveer 500 diere uit verskillende kuddes se haarmonsters volgens nuwe SNIP DNS-tegnologie ontleed. Hierdie koste is deur die finansieel gesonde telersgenootskap gesubsidieer.

Daar is baie vertroue dat die uitbreking van bek-en-klouseer spoedig onder beheer sal wees sodat grense oopgestel kan word vir verdere uitvoer en die uitbreiding van die Limousin-voetspoor op die Afrika-vasteland. 

Die Suid-Afrikaanse Limousin beskik oor die eienskappe waarna in die buiteland gestreef word, naamlik mediumraam-, aanpasbare diere met ’n effens sagter spier.
Navrae:
The Limousin Cattle Breeders’ Society of Southern Africa, 051 444 5082 / 082 571 6709; e-pos: info@limousinsa.co.za. Webblad: www.limousinsa.co.za


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.72
+0.7%
Rand - Pond
20.17
+0.1%
Rand - Euro
17.57
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,709.82
+0.6%
Silwer
20.99
+1.4%
Palladium
2,310.50
+3.9%
Platinum
925.00
+2.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,376
+2.6%
Alle aandele
65,848
+2.5%
Hulpbronne 10
63,839
+3.6%
Industriële 25
79,378
+2.4%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot